ONS VISIE EN WAARDES

VISIE

Jong volwassenes wat toegerus is om 'n volwaardige rol in die samelewing te speel.

WAARDES

’n Eenvormige waardesisteem waaraan almal glo en wat almal onderhou is ’n vereiste vir sukses, prestasie en ’n gelukkige skoolgemeenskap.

Respek vra vir my om trots op myself en my optrede te wees en alle mense om my se waardigheid te erken en hul standpunte te respekteer. Ek moet besef dat elke mens ʼn unieke individu is by wie ek iets kan leer. Dit beteken ook dat ek my, die skool en ander se eiendom bewaar.

Lojaliteit beteken dat ek ʼn passie het vir my skool en die mense om my. Dit vra van my om positief teenoor my skool te wees en aktief mee te werk om die skool ʼn beter plek te maak. Ons kan dinge bevraagteken en van mekaar verskil, solank ons dit doen op ʼn manier wat ander se waardigheid respekteer.

Integriteit beteken dat ek betroubaar en opreg moet wees. Dit vra van my om altyd die regte ding te doen, sonder om vergoeding te verwag.

Uitnemendheid beteken dat ek alles wat ek doen, goed doen. Dit is die ingesteldheid om alle take, al is dit hoe moeilik, te voltooi. Dit vra van my om my take met die nodige energie en entoesiasme aan te pak. 

Integrasie beteken om my verskillende talente op verskillende terreine te integreer sodat hul mekaar kan aanvul. Dit help my om al my kanse aan te gryp en positiewe energie daaruit te put.

Integriteit beteken dat ek betroubaar en opreg moet wees. Dit vra van my om altyd die regte ding te doen, sonder om vergoeding te verwag.

Selfverwesenliking beteken dat ek myself, met al my eienaardighede, moet aanvaar. Dit vra van my om gelukkig te wees met wie ek is en om te weet wat vir my belangrik is. Dit beteken dat ek my nie konstant met ander moet vergelyk nie en trots moet wees op die individu wat ek is.

Samelewing beteken dat ek besef dat ek deel is van ʼn groter wêreld. Ek het ʼn verantwoordelikheid teenoor my gemeenskap, my land en my omgewing. Ek moet bewus wees van en betrokke raak by sosiale- en omgewingskwessies. Hoewel die wêreld ʼn groot plek is, kan ek steeds ʼn verskil maak.

STELLENBOSCH

stellies
  • Facebook Round

kopiereg 2015 - 2018  Hoërskool Stellenbosch | Alle artikels, foto's en grafika is die eiendom van Hoërskool Stellenbosch