Leierskap | Graad 11 Leierskapskonferensie


Op 27 September het die graad 11 leerders die geleentheid gehad om 'n leierskapskonferensie by te woon slegs vir hulle, wat deur HSS aangebied is in samewerking met die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studente Leierskapsontwikkeling van die Universiteit Stellenbosch.

Terugvoer van die graad 11 leerders:

Tussen die teenwoordige graad 11`s is daar `n spesiale band gevorm omdat ons saam `n groot verantwoordelikheid het: ons is die leiers van die skool vir 2017. Dit was `n goeie geleentheid om die leiers, buiten die MR, na vore te sien tree.

Die kreatiwiteit in die sessies het die dag meer interessant gemaak en dit het gesorg vir humor. Interessante name soos die Pers Koeie en Skadidas (Die mense wat leiding in die groep geneem het was Adidas en die wat gevolg het was die skape) is uitgedink.

Dit was goed om die graad 11`s se opinies te hoor van watter waardes hulle belangrik ag en wat hulle onder elke waarde verstaan. Eienskappe soos respek, intergriteit en balans is deur die meeste mense die belangrikste geag.

Die graad elfs het baat gevind by die sessie en weet nou meer wat om te verwag vir volgende jaar. Die realiteit dat nou die tyd is om leiding te neem, het ingeskop.

Onlangse nuus
Argief

STELLENBOSCH

HS Crest On white.jpg
  • Facebook Round

kopiereg 2015 - 2018  Hoërskool Stellenbosch | Alle artikels, foto's en grafika is die eiendom van Hoërskool Stellenbosch