HSS Gholfdag

09/10/2016

 

HOëRSKOOL STELLENBOSCH GHOLFDAG

 

Vrydag 21 Oktober 2016

@ STELLENBOSCH GHOLF-KLUB

 

Ons jaarlikse Gholfdag word op Vrydag, 21 Oktober 2016 aangebied. Hierdie is ’n “wen-wen-geleentheid” waar fondse vir die skool ingesamel word en ondernemings die geleentheid gebied word om  hul produk/diens te adverteer, maar bowenal om gholf te speel!

Dit is ons doel om ’n onvergeetlike dag aan te bied en beloof om vol nuwe en opwindende inisiatiewe te wees.  Ons is egter afhanklik van die korporatiewe wêreld, die gemeenskap en die ouers om hierdie dag ’n sukses te maak .  U ondersteuning sal dus hoog op prys gestel word.

 

Die opbrengs van die dag sal aangewend word vir die verbetering van die skool se fasiliteite.

 

Besonderhede soos volg:

 

1. 4-BAL INSKRYWING

R4000.00 per 4-bal.  (Neem asb. kennis dat ‘n  ete by die prysuitdeling/onthaal, halweg-huis asook baanfooi ingesluit word by die prys.  U is welkom om u metgesel na die prysuitdeling/onthaal te bring, teen ’n addisionele koste van R300.00 per persoon)        

“Early Bird Prize”:  Die eerste 4-bal wie se inskrywingsfooi op die skool se bankstaat verskyn, sal die volgende prys ontvang: 4 x 1.5 liter “Big Easy Red Blend”. E-pos asb bewys van betaling na:  zani.bruwer@stellies.com.

 

2. BORG VAN ‘n GAATJIE (BOF EN SETPERK)

4 Opsies beskikbaar:

  1. Par 4 en 5 - Bof en setperk): R2000.00

  2. Borgskap van “natgat” (Par 3 – bof en setperk): R4000.00

  3. Borg van gaatjie(par 3) plus 4-bal: R7000.00 of

  4. Borg van gaatjie(par 4 of 5) plus 4-bal: R5000.00

 

3. “PUTTING GREEN”- BORGSKAP(Oefen setperk)

R3000.00

 

4. “DRIVING RANGE”- BORGSKAP (Oefen bof)

R1500.00

 

5. DONASIE VAN PRYSE: Spesifiseer asb items.  Ons benodig 32 x 4-bal-pryse asook individuele pryse bv. naaste aan die pen, langste dryf, ens.           

 

6. BORGSKAP VAN HALFWEG-HUIS-ETE:  (eet-en drinkgoed word deur klub verskaf)      

R8000.00

 

 

Betalings:

 

Bankbesonderhede van skool:

Naam van tjekrekening:  Hoërskool Stellenbosch

Bank:  ABSA Stellenbosch

Takkode: 632005     

Rekeningnommer: 405 4655 744

Verwysing:  Gholfdag/(besonderhede van borgskap bv 4-bal)

 

Indien u nog wil betrokke raak stuur asb 'n e-pos aan:  zani.bruwer@stellies.com.

 

LET ASB DAAROP DAT ‘n BESPREKING EERS BEVESTIG SAL WORD SODRA BEWYS VAN BETALING ONTVANG IS

 

Ons waardeer u ondersteuning baie!

 

 

Please reload

Onlangse nuus
Please reload

Argief
Please reload

STELLENBOSCH

stellies
  • Facebook Round

kopiereg 2015 - 2018  Hoërskool Stellenbosch | Alle artikels, foto's en grafika is die eiendom van Hoërskool Stellenbosch