Musiek | Estelle en Gerhard presteer!

Estelle Kemp (gr. 12) en Gerhard Joubert (gr. 9) het op 11 Augustus deelgeneem aan die finale rondte van die Music Maestro music competition aangebied deur Somerset College. Albei leerders het ‘n eerste plek behaal in hul onderskeie afdelings. Estelle in die senior Klassieke- en Gerhard in die junior Klassieke afdeling.
Albei leerders het ook vroeër vanjaar verskeie pryse en toekennings ontvang by die Stellenbosch Kunswedstryd.
Gerhard ontvang:
die Stellenbosch Kunswedstryd-medalje vir klaviersolo 14 jaar
die Stellenbosch Kunswedstryd-bekers vir: J.S. Bach-werk 12-14 jaar, vir Groep klaviersolo’s, asook vir Klavier seniorskolier
geldpryse vir Beste prestasie vir Groepsolo en Sonate, asook vir Beste seniorskolier (klavier)
die Human-wisseltrofee vir die Beste Bach-uitvoering (orrel)
Estelle ontvang:
die Leonore Ehlers-beker vir Beste senior skolier: tjello
die Anmari vd Westhuizen-beker vir Beste seniortjellis
die Stellenbosch Kunswedstryd-geldprys vir Beste prestasie in twee uit drie verpligte kategorieë, nl. Solo, Sonate of Concerto
Sy ontvang ook ‘n spesiale toekenning/geldprys waarvan slegs drie toegeken is in alle afdelings (Musiek, Drama en Kuns) van die Stellenbosch Kunswedstryd.
Estelle het einde Julie in Italië deelgeneem aan die Cremona International Music Academy and Competition waar sy ‘n spesiale prys ontvang het nl. Intermediate Strings Best Italian. Op 28 Augustus speel sy die Elgar tjellosonate as solis saam met die Hugo Lambrechts orkes tydens die Concertofees.