Toneel | Stellie haal Top 8 in die Nasionale Toneelspelkompetisie

08/06/2016

 

Vanjaar het die Hoërskool Bellville die 15de Nasionale Toneelspelkompetisie aangebied in die Kunstekaap Teater. Ongeveer 500 leerders het deelgeneem aan die landswye uitdunrondtes waarvan slegs 80 dan uitgenooi is om deel te neem aan die kompetisie op 19-21 Mei.

 

Johan Anker (regs) en Jana van der Merwe (links) was beide uitgenooi om deel te neem aan die toneelspelkompetisie (albei onder leiding van André Gerber). Anker het deurgedring tot en met die Top 16 (rondte 3) en ook ‘n rol losgeslaan in ‘n RSG radiodrama. Op 21 Mei het Jana van der Merwe deelgeneem aan die finale rondte van die kompetisie (Top 8). Hier moes sy ‘n program van 12 minute lewer waarin sy ‘n gedig, ‘n prosa en ‘n monoloog voordra. Jana is die eerste Stellie wat die Top 8 van hierdie kompetisie behaal het, maar hopelik nie die laaste nie. 

Please reload

Onlangse nuus
Please reload

Argief
Please reload

STELLENBOSCH

stellies
  • Facebook Round

kopiereg 2015 - 2018  Hoërskool Stellenbosch | Alle artikels, foto's en grafika is die eiendom van Hoërskool Stellenbosch