Sport | Ander Prestasies: Karate en Toutrek


Nic Geldenhuys (links):

Nic het tydens die Maart-vakansie die Francois Du Plessis Karate skool verteenwoordig by die “4 Masters Training Seminar” in Kaapstad. Hy was slegs een van 120 karateka wat onder meer opleiding ontvang het van Saiko Sihan Goshi Yamaguchi, die President van die Internasionale Goju Kai Assosiasie. Nic is ook een van slegs negentien karateka uit die Westelike Provinsie, Boland en Overberg wat gekies is om in Junie 2016 in Japan te gaan gradeer vir sy Shodan (1ste swart gordel). Ons is baie trots op Nic wat reeds op so ‘n jong ouderdom kwalifiseer vir ‘n swart gordel.

Dean Urquhart (regs bo):

Dean het onlangs die Wes-Kaap karatespan gehaal en ook aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem. Wat 'n wonderlike prestasie!

Janke Lategan (regs onder):

Janke was lid van die Boland Toutrekspan wat onlangs aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem het. Welgedaan!

Onlangse nuus
Argief

STELLENBOSCH

HS Crest On white.jpg
  • Facebook Round

kopiereg 2015 - 2018  Hoërskool Stellenbosch | Alle artikels, foto's en grafika is die eiendom van Hoërskool Stellenbosch