Sport | Top prestasies

19/05/2016

Die afgelope week het verskeie leerders uitstekend gevaar in hul onderskeie sporte.

 

TENNIS:

 

 

H/S Stellenbosch  se eerste dogter-tennisspan eindig 4 de in bg kompetisie. Eunice Rohland word aangewys as beste no 6 speler en Minke Beukes  as beste no 5 speler van die toernooi. Eunice kry ook die trofee vir beste sportmanskap op die toernooi.

Deelnemende skole: Oranje, Waterkloof, Menlopark, AFr H Meisies Prteoria, Claredon Oos Londen, Gimnasium Paarl, Bloemhof.

 

Ons eerste seuns tennisspan (Dylan Puchert, Le Roux Kloppers, Janneman van der Merwe, Albert Grobler, Meindert Vergeer, Johannes van As en Henk Lategan) neem die naweek deel aan die Kearsney College tennistoernooi in Durban. Die seuns speel teen van ons land se sterkste tennisskole en behaal ‘n agste plek.

 

Baie geluk  en dankie vir julle fantastiese spangees! 

 

MOTORWEDREN: 

 

Kyle het weer uitstekend gevaar in die Hotrod klas en algeheel 2de gekom.  In finale wedren het hy 4de weggetrek en met omtrent 4 kar lengtes gewen. Die organiseerders van die wedren was so beindruk met sy rystyl dat hy na die wedren "doughnuts" moes gooi met sy motor......indrukwekkend om te sien. 

 

SKAAK:

 

 Dit is die eerste maal in skaak se geskiedenis wat al nege provinsie van SA direk in spanformaat teen mekaar sal speel. Heelwat spogregte betrokke. Dario is deel van 'n uitgesoekte groep spelers om die Wes-Kaap te gaan verteenwoordig. Hy is die enigste Kaapse Wynland (voorheen Boland) speler en die ander 6 is almal Metro ( voorheen Westelike Provinsie). Hy gaan bord 5 speel. Hy het 5de plek uit 60 topspelers van elke streek in die Wes-Kaap behaal. Hy oefen tans hard ter voorbereiding van die skole toernooi. Hy gaan die eerste week van die vakansie aan die SA Skaak Ope te Kaapstad deelneem en die tweede week in Durban aan die Nasionale Skole Skaak Span Kampioenskappe deelneem. Sterkte Dario! Ons is trots op jou.

 

Please reload

Onlangse nuus
Please reload

Argief
Please reload

STELLENBOSCH

HS Crest On white.jpg
  • Facebook Round

kopiereg 2015 - 2018  Hoërskool Stellenbosch | Alle artikels, foto's en grafika is die eiendom van Hoërskool Stellenbosch