Atletiek | Stellie atleet in Wes-Kaap span

Baie geluk aan Alme Jordaan wat die puik prestasie behaal het om te kwalifiseer vir die Wes-Kaap Atletiekspan.
By die Wes-Kaap Kampioenskappe het Alme eerste gekom in die 800m met 'n tyd van 2:16. By die 1500m het Alme tweede geeindig met ‘n tyd van 4:47.3 en die wentyd was 4:47.1. Dit was omtrent ‘n kop aan kop resies.
Die standaard is ongelooflik hoog en ons wens haar al die beste vir die naweek se SA Kampioenskappe.