Opedag | 2016

Hoërskool Stellenbosch…die fyn netwerk van behoort.

By Hoërskool Stellenbosch en die koshuis, Huis du Preez, leer jy wat eienaarskap is en dat omgee net so belangrik as prestasie is. Jy word as mens onvoorwaardelik aanvaar en hier word jy gereed gemaak vir die lewe buite skool. Hier gebruik ons elke kans en skuil ons nie agter omstandighede nie.

Hoërskool Stellenbosch is ‘n trotse fakkeldraer van ‘n ryk koor- en kultuurtradisie. Ons is baie kompeterend in alle sporte waaraan ons deelneem. Ons kompeteer mededingend teen skole van ‘n soorgelyke grootte. Ons is trots op ‘n uitstekende 2015-seisoen. Die integrasie tussen kultuur, sport en akademie is hier belangrik. Ons verstaan dat akademie, sport, kultuur, ouers en vriende alles deel van die groter geheel is.

Hier heers ‘n atmosfeer wat jou oneindig sal interesseer.

Opedag: Skool en Koshuis op 24 Februarie 2016 vanaf 16:30

(Die geleentheid is oop vir enige voornemende leerders en hul ouers.

Geen registrasie word vooraf vereis nie.)

Gaan gerus na die Toelatings-blad om HSS se prospektus en die aansoekvorm vir die skool en koshuis af te laai.

Onlangse nuus
Argief

STELLENBOSCH

HS Crest On white.jpg
  • Facebook Round

kopiereg 2015 - 2018  Hoërskool Stellenbosch | Alle artikels, foto's en grafika is die eiendom van Hoërskool Stellenbosch