Skaak | Bolandspan

Wanneer dit by skaak kom, kan die volgende leerders nie onkant betrap word nie. Baie geluk aan: Dario Lackay (0/18 seuns) Christa Davids (0/15 dogters) en Salmo Cilliers (0/15 seuns) wat tot die onderskeie Boland Skaakspanne verkies is. Stellies is trots op julle!

Hokkie | Provinsiale Prestasie

v.l.n.r Carla Veer, Mnr. W. Carpenter, Lize de Villiers Vir 2017 is Carla Veer en Lize de Villiers verkies tot die o/17 Boland Hokkiespan, tesame hiermee is Mnr. Wayne Carpenter gekies as 'n provinsiale afrigter. Baie geluk aan ons Stellie-leerders en -onderwyser!

Muurbal | Bolandspan

v.l.n.r Mari du Toit en Liska Kock Mari du Toit en Liska Kock is verkies tot die o/18 Boland Muurbalspan vir 2017. Baie geluk, HS Stellenbosch is baie trots op julle!

Karate | Provinsiale Span

Baie geluk aan Dean Urquhart wat verkies is tot die Karate Provinsiale Span vir 2017. Stellies is trots op jou!

Netbal | Provinsiale Klere

Baie geluk aan die volgende netbalspelers wat die volgende provinsiale prestasies behaal het: Anja Liebenberg - 0/18 Wes-Kaapspan Nikita Cronje – 0/18 Kaapse Wynlandspan Clarissa Kruger – 0/15 Kaapse Wynlandspan HS Stellenbosch is baie trots op julle!

NUUS

 COMMUNICATOR

STELLENBOSCH

HS Crest On white.jpg
  • Facebook Round

kopiereg 2015 - 2018  Hoërskool Stellenbosch | Alle artikels, foto's en grafika is die eiendom van Hoërskool Stellenbosch