Leierskap | Leerderraad kenmekaar

Paul Roos Gimnasium het Woensdag, 19 Oktober, 'n leerderraad kenmekaar by hulle klubhuis aangebied. Die leerderrade van PRG, Rhenish HS, HMS Bloemhof en HSS het hul leerderrade aan mekaar voorgestel asook hul visies en missies gedeel. Daarna het hulle heerlik saamgekuier!

Stap | Botmaskop

Die hele graad 9 groep het Donderdag, 20 Oktober, die pad na Botmaskop aangedurf. Baie geswoeg en gesweet maar almal het bo uitgekom! Terug by die skool kon hulle heerlik afkoel onder die sproeiers.

Matrieks | Laaste Dag 2016

Die matriekleerders het vandag hul laaste dag van skool gevier. Tydens 'n saalbyeenkoms saam met alle leerders, asook die matriekleerders se ouers, word elke matriekleerder na die verhoog geroep en ontvang 'n kaartjie van Mnr. Pellissier (skoolhoof). Daar word 'n visuele oorsig gegee van die matrieks se skoolloopbaan en afskeidstoesprake word gelewer deur die hoofleiers. HSS se seniorkoor het ook 'n spesiale lied gesing en opgedra aan die matrieks. Die matrieks sing dan ook vir die laaste keer die skoollied saam met die res van die skool en stap uit die saal uit om hul afskeid te simboliseer.

Leierskap | Hoofleiers 2017

Die hoofleiers van die skool, asook die koshuis (Huis Du Preez) vir 2017 is Donderdag aangekondig. Baie geluk aan hierdie leerders, ons sien uit na 'n wonderlike jaar! Skoolhoofleiers: Van links: Jané Janse van Rensburg (hoofdogter), Timothy Morris (hoofseun), Annarine Goldie (VRL-voorsitter). Hoofleiers van Huis du Preez: Van links: Elzet Brenkman (onderhoofdogter), Daniëlle Luttig (hoofdogter), Dylan Puchert (hoofseun), Pieter van Helsdingen (onderhoofseun).

Leierskap | Graad 11 Leierskapskonferensie

Op 27 September het die graad 11 leerders die geleentheid gehad om 'n leierskapskonferensie by te woon slegs vir hulle, wat deur HSS aangebied is in samewerking met die Frederik van Zyl Slabbert Instituut vir Studente Leierskapsontwikkeling van die Universiteit Stellenbosch. Terugvoer van die graad 11 leerders: Tussen die teenwoordige graad 11`s is daar `n spesiale band gevorm omdat ons saam `n groot verantwoordelikheid het: ons is die leiers van die skool vir 2017. Dit was `n goeie geleentheid om die leiers, buiten die MR, na vore te sien tree. Die kreatiwiteit in die sessies het die dag meer interessant gemaak en dit het gesorg vir humor. Interessante name soos die Pers Koeie en Skadidas (

Tennis | Toernooi uitslae

1 - 4 Oktober: Tennis SA Reeks in Boland. Hierdie is 'n baie sterk toernooi waarheen almal kom om te aklimatiseer vir Junior Masters. Maretha Burger (foto) tree as wenner uit die stryd by dogters 0/14 en Alme Jordaan eindig 5’de. Dylan Puchert (Graad 11) eindig 12’de Mans Ope. 5 - 9 Oktober: Tennis SA Junior Masters. Deelname aan hierdie toernooi is slegs op uitnodiging en die top 16 nasionaal speel. Maretha eindig 6’de en Alme eindig 11’de. Baie geluk aan hierdie tennis spelers!

HSS Gholfdag

HOëRSKOOL STELLENBOSCH GHOLFDAG Vrydag 21 Oktober 2016 @ STELLENBOSCH GHOLF-KLUB Ons jaarlikse Gholfdag word op Vrydag, 21 Oktober 2016 aangebied. Hierdie is ’n “wen-wen-geleentheid” waar fondse vir die skool ingesamel word en ondernemings die geleentheid gebied word om hul produk/diens te adverteer, maar bowenal om gholf te speel! Dit is ons doel om ’n onvergeetlike dag aan te bied en beloof om vol nuwe en opwindende inisiatiewe te wees. Ons is egter afhanklik van die korporatiewe wêreld, die gemeenskap en die ouers om hierdie dag ’n sukses te maak . U ondersteuning sal dus hoog op prys gestel word. Die opbrengs van die dag sal aangewend word vir die verbetering van die skool se fasilite

Leierskap | Matriekraad en Huiskomitee 2017

Die Matriekraad HSS en Huiskomitee van Huis du Preez is onlangs aangekondig. Hulle is as volg: Agter van links: Sterrenberg Smit (MR), Timothy Morris (MR), Henk Lategan (MR en HK), Chris Germishuys (HK), Dylan Puchert (MR en HK), Pierre Venter (HK), Keeghan Zahrt (HK), Pieter van Helsdingen (HK), Le Roux Kloppers (MR). Middel van links: Mia van der Merwe (MR), Anja Liebenberg (MR), Hanreco van Zyl (HK), Chané Vorster (HK), Elzet Brenkman (HK), Menél van der Merwe (HK), Nikita Cronjé (HK), Henry Norris (MR en HK), Christiaan Visser (MR). Voor van links: Annarine Goldie (MR), Jané Janse van Rensburg (MR), Alana van der Merwe (HK), Lara Gouws (HK), Suzanne Odendaal (HK), Suné Lesch (MR en HK),

NUUS

 COMMUNICATOR

STELLENBOSCH

HS Crest On white.jpg
  • Facebook Round

kopiereg 2015 - 2018  Hoërskool Stellenbosch | Alle artikels, foto's en grafika is die eiendom van Hoërskool Stellenbosch