Koor | Wenners by Applous!

Stellies se koor is as wenners aangewys in die kategorie vir die beste meer ervare gemengde koor by die nasionale ATKV Applous kompetisie finaal, wat op 6 Augustus in die Kruiskerk, Stellenbosch plaasgevind het.

Musiek | Estelle en Gerhard presteer!

​ ​Estelle Kemp (gr. 12) en Gerhard Joubert (gr. 9) het op 11 Augustus deelgeneem aan die finale rondte van die Music Maestro music competition aangebied deur Somerset College. Albei leerders het ‘n eerste plek behaal in hul onderskeie afdelings. Estelle in die senior Klassieke- en Gerhard in die junior Klassieke afdeling. Albei leerders het ook vroeër vanjaar verskeie pryse en toekennings ontvang by die Stellenbosch Kunswedstryd. Gerhard ontvang: die Stellenbosch Kunswedstryd-medalje vir klaviersolo 14 jaar die Stellenbosch Kunswedstryd-bekers vir: J.S. Bach-werk 12-14 jaar, vir Groep klaviersolo’s, asook vir Klavier seniorskolier geldpryse vir Beste prestasie vir Groepsolo en Sonate

Toastmasters | Streekskompetisie

Franci van den Berg en Jana van der Merwe het op Dinsdag 2 Augustus deelgeneem aan die Toastmasters-streekskompetisie by Helderberg Kollege. Die skole wat deelgeneem het, was HS Parel Vallei, Hottentots Holland Hoërskool, Helderberg Kollege en Hoërskool Stellenbosch. Franci van den Berg het 'n puik inspirerende toespraak gelewer met die titel: Hoe gaan jou boek eindig? Sy behaal 'n derde plek. Jana van der Merwe het haarself ook goed van haar taak gekwyt en die gehoor geïnspireer met haar toespraak: Dade, nie woorde nie.

NUUS

 COMMUNICATOR

STELLENBOSCH

HS Crest On white.jpg
  • Facebook Round

kopiereg 2015 - 2018  Hoërskool Stellenbosch | Alle artikels, foto's en grafika is die eiendom van Hoërskool Stellenbosch