Toneel | Stellie haal Top 8 in die Nasionale Toneelspelkompetisie

Vanjaar het die Hoërskool Bellville die 15de Nasionale Toneelspelkompetisie aangebied in die Kunstekaap Teater. Ongeveer 500 leerders het deelgeneem aan die landswye uitdunrondtes waarvan slegs 80 dan uitgenooi is om deel te neem aan die kompetisie op 19-21 Mei. Johan Anker (regs) en Jana van der Merwe (links) was beide uitgenooi om deel te neem aan die toneelspelkompetisie (albei onder leiding van André Gerber). Anker het deurgedring tot en met die Top 16 (rondte 3) en ook ‘n rol losgeslaan in ‘n RSG radiodrama. Op 21 Mei het Jana van der Merwe deelgeneem aan die finale rondte van die kompetisie (Top 8). Hier moes sy ‘n program van 12 minute lewer waarin sy ‘n gedig, ‘n prosa en ‘n monoloog

Skaak | Bolandsentraal Kampioene

Die gemengde 0/15 skaakspan het die prestasie om drie groot hoërskole nl. HJS Paarl; Paarl Gim en Paul Roos Gim te klop in 'n topskoletoernooi. Tans is hulle die kampioenspan van Bolandsentraal en gaan binnekort na Worcester om te kyk of hulle nie die algehele Boland skaakkampioen span kan wees nie.

Gasvryheid | Skole Kook op KykNET

Vier leerders van HSS het onlangs deelgeneem aan die nuutste insetsel van KykNET se Groot Ontbyt program. Kyk gerus wat hulle gedoen het!

Koor | ATKV-Applous Finaal

HSS se seniorkoor is deur na die finale rondte van die ATKV-Applous kompetisie (in die kategorie: Hoërskool Meer Ervare Gemeng) wat op 6 Augustus in Stellenbosch se Kruiskerk plaasvind.

NUUS

 COMMUNICATOR

STELLENBOSCH

HS Crest On white.jpg
  • Facebook Round

kopiereg 2015 - 2018  Hoërskool Stellenbosch | Alle artikels, foto's en grafika is die eiendom van Hoërskool Stellenbosch