"Hotrods" wedren | Stellie neem 1ste plek

Kyle Huddlestone (gr.11) het die afgelope naweek aan die 1ste been van Tygerberg Raceway se plaaslike kompetisie deelgeneem. Die kompetisie was straf, maar hy het "koel kop" gebly en 'n eerste posisie behaal. Baie geluk, Kyle!

Atletiek | Kleuresport 2016

Kleuresport 2016 was weereens een van HSS se hoogtepunte in die somer-sport seisoen. Atlete en toeskouers het Stellenbosch se Coetzenburg Atletiekstadium gevul met entoesiasme, gee en baie potensiaal. HSS is trots op elke atleet wat uitgeblink het in hul afdeling, of selfs net deelgeneem het vir die pret. Ons is trots op die volgende prestasies: 1. Beste Baan: Junior Dogter - Alme Jordaan – 800m 2. Beste Baan: Junior Seun - Carlo Britz – 100m 3. Beste Veld: Junior Dogter - Maria Jacobs - HS 4. Beste Veld : Junior Seun - Ulrich Gaum - Diskus 5. Beste Baan: Senior Dogter - Jade Paulse – 100m 6. Beste Baan: Senior Seun - Rodwin September – 400m 7. Beste Veld: Senior Dogter - Tavia Park

Opedag | 2016

Hoërskool Stellenbosch…die fyn netwerk van behoort. By Hoërskool Stellenbosch en die koshuis, Huis du Preez, leer jy wat eienaarskap is en dat omgee net so belangrik as prestasie is. Jy word as mens onvoorwaardelik aanvaar en hier word jy gereed gemaak vir die lewe buite skool. Hier gebruik ons elke kans en skuil ons nie agter omstandighede nie. Hoërskool Stellenbosch is ‘n trotse fakkeldraer van ‘n ryk koor- en kultuurtradisie. Ons is baie kompeterend in alle sporte waaraan ons deelneem. Ons kompeteer mededingend teen skole van ‘n soorgelyke grootte. Ons is trots op ‘n uitstekende 2015-seisoen. Die integrasie tussen kultuur, sport en akademie is hier belangrik. Ons verstaan dat akademie, sp

NUUS

 COMMUNICATOR

STELLENBOSCH

HS Crest On white.jpg
  • Facebook Round

kopiereg 2015 - 2018  Hoërskool Stellenbosch | Alle artikels, foto's en grafika is die eiendom van Hoërskool Stellenbosch