Leerderleiers 2016

Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is tot die Matriekraad en HDP Huiskomitee vir 2016! Hoofleiers vir HSS se Matriekraad en HDP se Huiskomitee v.l.n.r Anhia Swart (HDP Hoofmeisie), Mike Engelbrecht (HDP Onder-hoofseun), Anina de Villiers (HDP Onder-hoofmeisie), Willem Genis (HDP Hoofseun), Celine Da Camara (VRL Voorsitter), Saul Burger (MR Hoofseun) en Alet-Mari van der Merwe (MR Hoofmeisie). Matriekraad Johan Anker Minke Beukes Saul Burger (Hoofseun) Celine Da Camara (VRL Voorsitter) Anina de Villiers Johané de Villier Mike Engelbreght Willem Genis Annadene Malan Michelle Möller Simon Rautenbeach Alet-Marie van der Merwe (Hoofmeisie) Curtly Williams Elias Zeid Huis du Preez Hu

7's Rugby | Le Roux Kloppers

Le Roux Kloppers was lid van die Boland 0/17 Sevens Rugbyspan. Hierdie span het in die September vakansie deelgeneem aan die SARU SA Sevens-Toernooi in die Paarl. Die span het hulle uitspeelwedstryde al 3 gewen en die baie sterk PUMA span 26-17 oortuigend gewen. In die Semi-finaal het Boland teen WP verloor. Boland 0/17 eindig 4de in die toernooi.

Wiskunde Olimpiade | 2de is Wes-Kaap

Tian Cilliers, ‘n graad 9-leerder aan die Hoërskool Stellenbosch, was uitgenooi na die provinsiale prysuitdeling van die Suid-Afrikaanse Wiskunde Olimpiade wat op 19 Oktober 2015 plaasgevind het. ‘n Totaal van 16 917 leerders het vanjaar deelgeneem aan die tweede rondte van hierdie olimpiade. Dit is met groot trots wat ons Tian se tweede plek in die Wes-Kaap aankondig. Voorwaar ‘n pragtige prestasie. Ons sien daarna uit om vorentoe weer Tian se naam by hierdie Wiskunde-prestasies te sien.

Stellies se SA kampioene

Die afgelope vakansie het Rossouw en Minette puik prestasies behaal tydens die Suid- Afrikaanse Junior-Meesters Tennis Kampioenskappe in die Strand. Rossouw Norval is aangewys as die wenner van 0/16 Seuns en Minette van Vreden is die wenner van 0/16 Dogters. Dit is voorwaar 'n baie goeie prestasies om as no. 1 in Suid-Afrika gekroon te word. Sterkte aan aan ons tennisspelers met die ITF-reekse wat hierdie tydens die vierde kwartaal gespeel word.

NUUS

 COMMUNICATOR

STELLENBOSCH

HS Crest On white.jpg
  • Facebook Round

kopiereg 2015 - 2018  Hoërskool Stellenbosch | Alle artikels, foto's en grafika is die eiendom van Hoërskool Stellenbosch