Musiekleerders behaal uitstekende uitslae by ABRS

Hoërskool Stellenbosch se musiekleerders het uitstekend presteer in die ABRSM (Associated Board of the Royal Schools of Music) se musiek-eksamens wat in Augustus vanjaar plaasgevind het. Die volgende resultate is behaal: Elize Hoffmann (klavier, graad 2) – 82% Laurens Huyssen (tjello graad 3) - 91% Inge-Marli van Pletzen (sang, graad 7) – 80% Daniël Steyn (sang, Finaal) – 87% Estelle Kemp (tjello, Finaal) – 92%

Die beker kom huis toe...

Hoërskool Stellenbosch lewer 'n uitstekende vertoning op alle gebiede by hierdie jaar se interskole teen Hoërskool Montana en bring weereens die beker na sy Stellies tuiste. Die geleentheid was gekenmerk deur goeie sportmanskap, ondersteuners met gees, danspassies en selfs 'n rooi kat... Baie geluk aan elke span, afrigter en onderwyser!

NUUS

 COMMUNICATOR

STELLENBOSCH

HS Crest On white.jpg
  • Facebook Round

kopiereg 2015 - 2018  Hoërskool Stellenbosch | Alle artikels, foto's en grafika is die eiendom van Hoërskool Stellenbosch