Elke jaar reis leerders van die uithoeke van Suidelike Afrika om eersteklas onderrig in die Eikestad te ontvang. Sedert 1977 bied Huis du Preez vir hierdie diverse meisies en seuns ’n tuiste weg van die huis af.

Die inwonende hoof, meneer Emiel Nel, die toegewyde personeel en die entoesiastiese huiskomitee moedig elke leerder aan om hulle beste te gee. Of dit nou die organiseer van ’n dinee, deelneem aan ’n sportsoort, of studeer vir ’n eksamen is, die inwoners van Huis du Preez doen altyd hulle bes. Dit is miskien waarom hulle die hart van Hoёrskool Stellenbosch is.

FOTO GALERY