Gaan na die HSS Tuisblad!
  Besoek F1 in skole se SA webwerf! Besoek Zeallous Racing se webwerf!
Musiek

Doen... ontdek... geniet!

Musiek is die kuns om klanke te organiseer

  • Musiek dra by tot die holistiese ontwikkeling van die leerder;
  • Musiek ontwikkel kreatiewe-, analitiese- en interpretasievaardighede;
  • Musiek dra by tot persoonlike groei;
  • Musiek laat kulturele bevestiging plaasvind;
  • Die musiekbedryf dra by tot die nasionale ekonomie.
Elizna, Nanine en Helene

Kursusse aangebied:

  • instrumentale onderrig;
  • musiekteorie ABRSM/UNISA;
  • eksterne musiekeksamens;
  • algemene musiek in Kuns en Kultuur Graad 8 en 9;
  • die Spesifieke Leerrigting in Musiek Graad 8 en 9;
  • Musiek as vak in die VOO-fase;
  • UNISA- of ABRSM endossement vir die VOO-sertifikaat;
  • ensembleklasse;
  • musiektegnologie.

Instrumentale onderrig word aangebied in:

  • klavier
  • dwarsfluit
  • blokfluit
  • klarinet
  • saksofoon
  • klassieke kitaar
  • kontemporêre kitaar
  • elektroniese klawerbord
  • viool
  • tjello
  • kontrabas
  • elektroniese bas
  • tromstel
  • sang

'n Aansoekvorm om 'n musiekinstrument te neem, kan gevind word by Algemeen :: Vorms en dokumentasie.

Die Spesifieke Leerrigting in Musiek Graad 8 en 9

Hierdie kursus is bedoel vir die jong musiekleerder wat graag meer van musiek wil leer as wat in die generiese Kuns en Kultuur leerarea aangebied word.

Kwintet

Musiek as vak in die VOO-fase

Die leeruitkomste hier is:

1. Uitvoering (performance)

Die leerders voer musiek uit 'n verskeidenheid style op. Elke leerder kan self kies watter sillabus hy/sy gaan volg. 'n Vermenging van style is ook moontlik:

  • Klassiek
  • Jazz
  • Rock

2. Komposisie, verwerking en improvisasie

Leerders skep hul eie materiaal en verwerk bestaande materiaal. Hulle gaan met selfvertroue met musiektegnologie om en bly op hoogte van die nuutse sagteware.

3. Musiekgeletterdheid

Die leerder kan 'n verskeidenheid musieksoorte lees, skryf en verstaan.

4. Kritiese refleksie

Hierdie komponent sluit navorsing, analise en evaluering in. Leerders word ingelei tot die musiekbedryf en fokus op organisasie, praktyke en regte.

Stellies en Zamar

Tariewe

Die tariewe word jaarliks aangepas en in die skooldagboek gepubliseer. Sommige tipes onderrig is volledig geprivatiseer en die leerder betaal die opvoeder direk.

Koor

Begeleiding

Die skool voorsien 'n klavierbegeleier vir interne optredes/-modererings. Leerders wat begeleiding verlang, moet ten minste drie weke voor die tyd die nodige reëlings met die betrokke begeleier tref.

 


Sien ook: Kultuur :: Musiek.