Gaan na die HSS Tuisblad!
  Besoek F1 in skole se SA webwerf! Besoek Zeallous Racing se webwerf!
Musiek

Vir vak-inligting oor Musiek, gaan asb. na: Akademie :: Musiek.

 

2010

Marco presteer met Jazz!

Marco Maritz

Marco Maritz, 'n graad 9 leerder, het gedurende die Junie-vakansie deelgeneem aan die Standard Bank Nasionale Jazz Fees as lid van die Universiteit Stellenbosch se Jazz-orkes.

Marco is, ná vele oudisies, ook gekeur om lid te wees van die Nasionale Skole Jeug Jazz-orkes.

Slegs 18 van die 250 leerders wat oudisie gedoen het, is gekeur vir hierdie prestigeryke orkes - voorwaar 'n uitstekende prestasie vir Marco!

Marco is ook die jongste leerder wat sedert die 18-jarige bestaan van die kompetisie die oudisie geslaag het!

Verder het Marco ook tydens die Internasionale Kamermusiekfees op Stellenbosch meesterklasse ontvang van Benny Wiame, een van Europa se mees gesiene trompetspelers. Wiame doseer aan die Leuven Universiteit in België.

Ons sê graag baie geluk en dankie aan Marco wat die skool se naam hoog gehou het, asook ons bekendgestel het aan nasionale en internasionale jazz-musikante.