Gaan na die HSS Tuisblad!
  Besoek F1 in skole se SA webwerf! Besoek Zeallous Racing se webwerf!
Onsigbaar

Hokkie (meisies)

2007

Nikola en Desmaré gekies vir internasionale hokkietoernooi!

Nikola Schlechter en Desmaré van Rooyen is gekies vir die Boland All Stars se o/17B Binnemuurse Hokkiespan.

Hulle sal gedurende Desember in die Paarl aan 'n internasionale hokkietoernooi deelneem.

Nikola en Desmaré

HSS wens vir albei spelers baie geluk en baie sterkte toe! Mag julle hokkiestokke gons!



Hoërskool Stellenbosch Meisieshokkie vaar uitstekend

Die eerste meisieshokkiespan van Hoërskool Stellenbosch het uitstekend gevaar tydens die Matie Hokkiekamp wat deur die Maties Hokkie Akademie aangebied is vanaf 1 - 5 April 2007.

Uit die 31 meisies hokkiespanne wat deelgeneem het, het HSS 6de geëindig. Uit die 7 groepwedstryde het HSS net 1 wedstryd verloor.

Matiekamp 2007

Met die 2 uitspeelwedstryde vir plekke wen dié span 2-1 teen Pionier (Johannesburg) en verloor 0-2 teen Rob Ferreira (wat HSS vroeër die week 2-1 gewen het).

Die eerste span van HSS sien uit na die seisoen wat voorlê.