Gaan na die HSS Tuisblad!
  Besoek F1 in skole se SA webwerf! Besoek Zeallous Racing se webwerf!
Tennis

2010

Stellies maak skoonskip by Wayne Ferreira tennistoernooi!

HSS se seuns toernooispan het geskitter deur die Wayne Ferreira tennistoernooi vir skoolspanne op oortuigende wyse te wen!

Die toernooi het gedurende die week van 5 - 9 Mei by Parktown Seunskool in Johannesburg plaasgevind.

Gedurende die uitspeelrondtes klop Stellies vir St. Sithians met 17-3, Potchefstroom Gimnasium 21-0 en HTS Middelburg 19-2.

In die semi-finaal klop hulle Glenwood van Durban met 5-1, voordat hulle in die finaal afreken met St. Sithians met 5-1.

Die spanlede was: Japie de Klerk (1), Ben Reynecke (2), MC Visser (3), Adriaan du Toit (4), Marco Bensley (5), Francois Rossouw (6) en Adolf Lategan (7).

Wenners!
Wenners!
Agter: Ben Reynecke, Mnr. André Cruywagen (spanbestuurder), Adriaan du Toit en MC Visser. Voor: Adolf Lategan, Marco Bensley, Japie de Klerk (kaptein) en Francois Rossouw.

Stellies sit hiermee 'n trotste rekord voort: HSS was die afgelope vier jaar in die finaal by hierdie toernooi en het dit ook in 2008 gewen!

Veels geluk met 'n nogmaals uitmuntende vertoning!


 

HSS se tennis dogters seëvier in Bloemfontein!

HSS se eerste dogters tennisspan het die afgelope naweek puik gevaar deur die Amanda Coetzer tennistoernooi te wen teen van die top tennisskole in die land!

Die toernooi het vanaf 5 - 8 Mei in Bloemfontein plaasgevind.

Die Stellies span het bestaan uit Madrie le Roux, Adri Lochner, Lani Scholtz, Kerstin Gressman, Elaine van Zyl, Janet Koch en Amy Olivier. Die spelers het altesaam 39 wedstryde gespeel, waarvan hul slegs 1 verloor het!

Stellenbosch het in die finaal teen Claredon gespeel en het baie oortuigend met 5 - 1 gewen.

Wenners!
Wenners!
Agter: Amy Olivier, Lani Scholtz, Adri Lochner, Anché Nortje (afrigter van Kainos Tennisakademie), Elaine van Zyl en Me. Rinette Victor (spanbestuurder). Voor: Kerstin Gressman, Madrie le Roux en Janet Koch.

Die finale uitslag van die toernooi was soos volg:

  1. Hoërskool Stellenbosch
  2. Claredon
  3. Oranje
  4. Waterkloof
  5. Bloemhof
  6. Menlopark
  7. Affies
  8. Paarl Gim

Ons is voorwaar baie trots op die dogters se uitstaande prestasie!


 

Madrie le Roux haal SA senior tennisspan!

Madrie le Roux in aksie: die konsentrasie en fokus is duidelik sigbaar!

Hoërskool Stellenbosch is ontsettend trots op Madrie le Roux (15) wat vir die senior Suid-Afrikaanse Fedcup vroue-tennisspan gekies is!

Madrie is die jongste speler nòg wat vir hierdie span gekies is!

Madrie het twee weke gelede in Armenië as lid van die span teen sewe ander lande gespeel, naamlik Georgië, Lichtenstein, Luxemburg, Finland, Armenië, Griekeland en Noorweë.

Die SA-span het vyfde geëindig.


 

Stellies se tennissterre blink uit by Sun City!

Hoërskool Stellenbosch se o/15- en o/18-dogterstennisspanne het verlede week albei as waardige wenners vanaf Sun City teruggekeer en het in die proses R7,500 se prysgeld losgeslaan!

Die 0/15-dogters het in hulle afdeling puik wentellings teen Volkskool, Wilgerivier en Collegiate Girls High (Oos-Londen) ingeryg. In die semi-finaal klop hulle Eunice Girls High van Bloemfontein 8 - 0 en in die finaal klop hulle Hoër Meisieskool Bloemhof ook 8 - 0 om sodoende as wenners gekroon te word!

Die o/18-dogters het teen Hoër Meisieskool Bloemhof, Claredon, Volkskool, Collegiate Girls High (Oos-Londen) en Eunice Girls High (Bloemfontein) rondomtalie-wedstryde (round-robin) gespeel. In die finaal klop Stellies die sterk span van Eunice met 16 - 6!

o/15-dogterstennisspan
o/15-dogterstennisspan: Mnr. André Cruywagen, Elaine van Zyl (kaptein), Calize Bosman, Amy Olivier, Demi Rose, Janet Koch en Anché Nortjé (van Kainos Tennisakademie).

o/18-dogterstennisspan
o/18-dogterstennisspan: Mnr. André Cruywagen, Adri Lochner (kaptein), Ansunette van Zyl, Madrie le Roux, Lani Scholtz, Kerstin Gressman en Anché Nortjé (van Kainos Tennisakademie).

Welgedaan, dis werklik puik prestasies!

 

Dogters en seuns maak skoonskip!

HSS se o/15A dogterstennisspan het op 15 Februarie 2010 vir Bloemhof se o/15A tennisspan met 6 - 0 gewen. 'n Puik prestasie!

HSS se eerste seunstennisspan het Gimnasium se eerste tennisspan 9 - 0 gewen. 'n Uitslag om op trots te wees!

Welgedaan aan ons tennisspelers en afrigters!

 


Lees vorige jare se prestasies in die Tennis argief!