Verpligte vakke
- Afrikaans Primêre Taal
- Engels Primêre Taal of Engels Eerste Addisionele Taal
- Wiskunde
- Natuurwetenskappe
- Sosiale Wetenskap
- Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe
- Tegnologie
- Kuns en Kultuur
- Lewensoriëntering
- E-leer (Rekenaarvaardigheid word aangebied vir alle graad 8-leerders en indien die rooster dit toelaat, ook vir graad 9-leerders. Hulle ontvang onderrig in die basiese gebruik van rekenaarprogramme.)
Nie-verpligte vakke
Onderstaande is voorlopig (die aanbieding van die volgende leerrigtings binne die amptelike rooster word tans hersien):
- Die spesifieke leerrigting in Musiek (voorheen Addisionele Musiek)
- Die spesifieke leerrigting in Kuns (voorheen Addisionele Kuns)
- Die spesifieke leerrigting in Drama
- Duits Tweede Addisionele Taal
Evaluering
Ons laat graad 8 en 9 leerders, bo en behalwe die voorgeskrewe UGO-assessering, by 2 geleenthede in die loop van die jaar 'n formele kurrikulum-gebaseerde eksamen skryf. Die resultate van hierdie eksamens bied 'n betroubare riglyn vir die leerders se vordering.
|