Gaan na die HSS Tuisblad!
  Besoek F1 in skole se SA webwerf! Besoek Zeallous Racing se webwerf!
Sokker

2010

Dawid van den Bergh presteer in sokker!

Dawid van den Bergh ontvang sokkertrofee!

Dawid van den Bergh het onlangs as kaptein van De Beers Sokkerklub se o/17-sokkerspan die trofee vir die span met die beste spangees by die klub in ontvangs geneem.

Dawid het ook 'n eerste meriete medalje vir sy uitmuntende sokkervaardighede ontvang.

Hoërskool Stellenbosch is trots op jou!


 

Stellies4Soccer skop vandag af!

Deur Elsabé Boshoff en Johannes Jonker

Stellies4Soccer

Stellies4Soccer is 'n dorpswye veldtog geïnisieer deur die Bemarking en Waardes-komitee van die Matriekraad van Hoërskool Stellenbosch en is tans in die bekwame hande van 'n dorpswye sokkerkomitee.

Dié komitee, wat uit leerderverteenwoordigers van die verskillende Stellenbosch-hoërskole bestaan, beoog om verskeie aktiwiteite op die dorp te reël.

Die groter doel agter die veldtog is om eenheid en samewerking tussen skole (en leerders) op die dorp te bevorder op die rug van sokker. Terselfdetyd wil die veldtog leerders in die regte stemming bring vir die Wêreldbeker sokkertoernooi wat eersdaags afskop!

Stellies4Soccer neem die vorm van 'n weeklange program aan wat vanaf 15 - 19 Maart strek. Gedurende dié week kan skole op interne vlak sokkeraktiwiteite reël. Die hooffokus van die program val egter op die dorpswye aktiwiteite, wat 'n groot openingsgeleentheid op 15 Maart, 'n leerderraad-sokkerdag en 'n dorpswye "civvy"-dag (waar fondse vir 'n liefdadigheidsorganisasie ingesamel word) insluit.

Die dorpswye komitee het Vrydag, 7 Maart, bymekaargekom vir 'n beplanningsvergadering. Die vergadering het uiters positief verloop en die komitee is hard aan die werk om 'n sukses van Stellies4Soccer te maak. Mnr. Michael Fraser, mediaverteenwoordiger van die Stellenbosch Local Football Association (LFA), het ook die vergadering bygewoon. In 'n brief aan die LFA skryf hy die volgende:

"Here were young school leaders with a sense of purpose and enthusiasm and passion to use the opportunity created by the occasion of the 2010 Football World Cup in our country to demonstrate their support for the event in a meaningful way."

Stellies4Soccer is die eerste dorpswye samewerkingsprojek van sy soort. Daar word gehoop dat dié projek slegs die begin van sterker samewerking in 2010 sal wees.

Die program (15 - 19 Maart 2010) sluit die volgende dorpswye gebeurtenisse in:

  • 15 Maart: Openingsgeleentheid (13h30 - 14h15)
  • 15 Maart: Leerderraad-sokkerdag (voorlopig 14h30 - 16h00)
  • 19 Maart: Dorpswye "Civvie"-dag (voldag)

Enige navrae oor die veldtog kan via e-pos () aan die Bemarking en Waardes-komitee van die Hoërskool Stellenbosch Matriekraad gerig word.