Gaan na die HSS Tuisblad!
  Besoek F1 in skole se SA webwerf! Besoek Zeallous Racing se webwerf!
Gemeenskapsdiens

2009

So onderlangs al die akademie en sport is daar 'n groepie leerders in ons skool wat baie hard werk om gemeenskapsdiensgeleenthede vir ons leerders uit te lig. Die groepie leerders staan bekend as die Gemeenskapskomitee van 2009.

Projekte wat reeds behartig is, sluit in:

  • 'n besoek aan Stellenbosch Hospitaal op Valentynsdag,
  • 'n (baie suksesvolle) pannekoekstalletjie by die Woordfees,
  • en natuurlik die Gemeenskapsweek van 20 tot 24 April.

Ons het talle instansies betrek by ons Gemeenskapsweek, naamlik:

  • die Suid-Afrikaanse Gidshond-organisasie,
  • die Jessie Keet speelskool,
  • die Diere Beskermings Vereniging van Suid-Afrika,
  • en Stellenbosch Nagskuiling.

Gemeenskapskomitee 2009

Gemeenskapskomitee 2009: (agter) Desmaré van Rooyen, Marlee van der Westhuizen, Jurgen Kriel, Danél Schoombee, (middl) Avuya Nzala, Dalene Uys, Alida Fyfer, Lanése Knipe (voorsitter), Andrea Kirsten, Tamzin Josephs, (voor) Lebohang Nkupane.

Daar word beoog om nog veel meer projekte deur hierdie jaar aan te pak. Daar is die deurlopende projek waar ons enige klere of speelgoed insamel en dit dan by minderbevoorregte instansies gaan afgee (enige bydraes is altyd welkom!).

Die volgende fokusprojek is in samewerking met MFM 92.6 (Maties se radiostasie) vir Habitat for Humanity South Africa. Dit behels die bou en versiering van huise by die Mfuleni-area en ons is gevra om op 23 Mei te help met die versiering. Verdere inligting sal nader aan die tyd beskikbaar wees.

'n Spesiale dankie aan al die ouers, leerders en onderwysers wat gedurende die jaar bydraes gemaak het, of dit nou finansieel, met klere, of ondersteuning was. Ons hoop om verdere ondersteuning deur die res van die jaar ook te ontvang!

- Die Gemeenskapskomitee 2009