2010
Stellies blink uit in netbal!
Hoërskool Stellenbosch is baie trots op twee van ons 1ste-span spelers wat uitstekend gevaar het:
- Eliske Marais was lid van die o/19-Boland netbalspan wat tydens die SA Kampioenskappe die brons-medalje verower het.
- Annei Kloppers het na die finale rondte van die o/18-Boland netbalproewe gevorder. Dit is ook 'n uitstekende prestasie!
Devanté Petersen is ook opgeneem in die o/14-Boland netbalspan - veels geluk!
Lees vorige jare se prestasies in die Netbal argief!
|