Gaan na die HSS Tuisblad!
  Besoek F1 in skole se SA webwerf! Besoek Zeallous Racing se webwerf!
Oud-leerder prestasies

2009

Stefan Temmingh oorsee vereer!

Stefan Temmingh

Oud-Stellie, Stefan Temmingh, is aan die begin van 2009 met 'n prestige toekenning vereer deur die Stad München vir sy baanbreker musiekbydraes tot die uitbreiding van die moderne konsert repertorium vir blokfluit.

CD: Corelli a la mode

Sy eerste volwaardige solo CD van Corelli se sonatas Opus 5 is ook pas in Februarie 2009 vrygestel deur die duitse platemaatskappy OehmsClassics.

Te oordeel aan die kommentaar van vele oorsese resensente, is dit beslis iets buitengewoons!

Oor die volgende paar maande gaan hy by verskeie musiekfeeste in Duitsland optree.

Temmingh is tans woonagtig en werksaam in München, Duitsland.

Besoek gerus sy webwerf by www.stefantemmingh.com om op hoogte te bly van al sy prestasies!