Gaan na die HSS Tuisblad!
  Besoek F1 in skole se SA webwerf! Besoek Zeallous Racing se webwerf!
Kommunikasiekanale

Dit is vir ons belangrik dat daar 'n openhartige kommunikasiekanaal tussen ouers en onderwysers moet wees.

Effektiewe onderwys en opvoeding is onder andere afhanklik van konstante gesprek tussen ouer, onderwyser, en kind.

Inligting word deur middel van:

  • omsendbriewe,
  • nuusbriewe,
  • sportbriewe,
  • e-pos boodskappe,
  • sms boodskappe,
  • telefonies, en
  • ouer-vergaderings

aan ouers deurgegee.

Wanneer ouers die skool wil besoek, moet hulle asseblief deur bemiddeling van die sekretaresses 'n afspraak reël en ook kortliks die rede vir hul besoek vermeld. Ons sal graag voldoende tyd wil inruim vir onderhoude en ook die nodige inligting beskikbaar wil hê.

Die volgende kanale is vir ouers beskikbaar om met die skool te skakel:

  • Sekretaresse: maak van afsprake met onderwyser, skakel ouer in opdrag van onderwyser, en oordra van boodskappe;
  • Finansiële beampte: betaling van skoolgeld, navrae in verband met rekeninge en debietorders;
  • Onderwyser-voorligter: vakkeuse, beroepskeuse, studiemetodes, en probleme van sosiaal-sielkundige en vertroulike aard;
  • Departementshoof: skoolbywoning, verlof vir afwesigheid, skolastiese vordering, aanpassingsprobleme, tuiswerk, sake van ernstige en/of vertroulike aard, dissiplinêre-aangeleenthede;
  • Adjunkhoofde en skoolhoof: sake van ernstige, vertroulike of sensitiewe aard, personeelaangeleenthede, onderrigaangeleenthede, skoolverlating, aansoek om toelating, ernstige dissiplinêre aangeleenthede, algemene skoolbeleid.

Ons vertrou dat ouers die vrymoedigheid sal hê om met ons in gesprek te tree!