Die belangrikheid van selfone as kommunikasiemiddels word deur die skool erken. Saam met die besit van 'n selfoon is daar egter ook gepaardgaande verantwoordelikhede.
Die volgende reëls geld met betrekking tot selfone en elektroniese apparate:
- Die eienaar is verantwoordelik vir die veiligheid van die selfoon. Die skool kan nie verantwoordelik gehou word vir enige verliese nie.
- Die beste veiligheidsmaatreël is steeds om nie bekend te maak dat jy 'n selfoon by jou het nie.
- Gedurende les-ure moet die selfoon afgeskakel wees (dus ook nie op stil/vibreer nie), ten einde ons leerders die geleentheid te gee om volle aandag in die klas te gee.
- Gedurende die periode moet die apparaat ook buite sig wees.
- Indien daar die moontlikheid van 'n dringende boodskap is, kan die sekretaresse geskakel word wat dan die boodskap sal oordra.
- Selfone mag dus slegs vóór skool, tydens pouses, en ná skool gebruik word.
- Oortreding van bogenoemde reëls kan lei tot die konfiskering van die selfoon vir 'n tydperk van ten minste twee weke.
- Leerders mag die simkaart uithaal en moet die selfoon afskakel met inhandiging.
- Leerders kan hulle selfone terugkoop teen 'n vasgestelde boete van R50.
- Leerders word aangemoedig en moet opgevoed word om selfoon-etiket na te kom, en die selfone positief te gebruik. Indien 'n selfoon as stoorplek van onwelvoeglike en negatiewe materiaal gebruik word, is dit ook nie meer by die skool welkom nie.
|