VRL
Die skool se Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) word elke jaar demokraties verkies. Leerders word deur leerders en onderwysers genomineer. Die leerders wat die meeste stemme verwerf, dien in die VRL.
Die VRL bestaan uit:
- 'n Matriekraad (slegs graad 12-leerders)
- en uit verkose leerders in elke graad.
Die leerders wat die meeste stemme in elke graad verwerf, dien in die VRL.
Die belangrikste funksie van die VRL is om van die menings en probleme van mede-leerders kennis te neem en om dan die leerders in die VRL te verteenwoordig.
Op hierdie wyse word gepoog om o.a. 'n eenheidsgevoel en dissipline te vestig.
VRL-komitees
Om die werksaamhede van die VRL effektief te bestuur, is die raad verdeel in verskeie komitees, naamlik:
- Sport,
- Kultuur,
- Bemark en skakel,
- Gemeenskap,
- Sosiaal,
- Geboue en terrein, en
- Dissipline en waardes.
Hoofleiers
Die leerders en onderwysers verkies ook die hoofleiers, naamlik:
- die voorsitter van die VRL,
- die hoofseun, en
- die hoofdogter.
Hierdie 3 leerders verteenwoordig die leerders in die Beheerliggaam.
Leierskap ontwikkeling
Daar bestaan verder ook ander forums waar potensiële leierskap geïdentifiseer en uitgebou kan word. Daar is baie geleenthede waar leerders se leiervaardighede ontwikkel kan word, soos gereelde kampe en die bywoning van konferensies en skakeling met ander skole.
Ons is bevoorreg om die afgelope jare 'n verteenwoordiger van die skool by Die Burger se Jeugleierskonferensie te hê.
Eed
Leiers beloof gedurende 'n seremonie die volgende:
|
Ek beloof dat ek as Leerderleier van die Hoërskool Stellenbosch sal strewe om:
- my leierskapstaak met verantwoordelikheid en waardigheid na te kom;
- my mede-leerlinge so goed moontlik te verteenwoordig en te lei;
- tydens en ná skool-ure so op te tree dat my gedrag die skool tot eer sal strek;
- alle projekte met ywer en 'n positiewe gesindheid aan te pak en tot die einde deur te voer;
- te alle tye my beste te lewer in alle skoolbedrywighede waaraan ek sal deelneem.
|
|