CSSA rekenaar-olimpiade 2009
Eerste rondte: (Donderdag, 23 April 2009)
- Junior: Grade 8 & 9 (groep 1)
- Senior: Grade 10, 11 & 12 (groep 2)
Die eerste rondte word nie op rekenaars gedoen nie. Die vraestel bestaan uit algemene kennis vrae oor IKT en pen-en-papier programmeringstake.
Die vraestelle word by die skool gemerk en die Top 3 posisies in elke groep ontvang sertifikate.
Tweede rondte: (Vrydag, 22 Mei 2009)
Deelname is slegs vir diegene wat deelgeneem het aan die eerste rondte. Die vraestel bestaan uit 'n aantal programmeringstake wat binne 2 ure op 'n rekenaar afgehandel moet word.
Deelnemers mag enige programmeringstaal gebruik wat algemeen aanvaar word as 'n programmeringstaal, soos bv. C/C++, Java, Pascal, Python en Delphi.
Finale rondte: (26-27 September)
Die finale rondte sal per uitnodiging plaasvind in Kaapstad.
Pryse in die finale rondte:
- 1ste prys: Goue medalje, 'n sertifikaat en R6,000;
- 2de en 3de prys: Silwer medalje, 'n sertifikaat en R4,000;
- 4de, 5de en 6de prys: Brons medalje, 'n sertifikaat en R2,000.
Indien 'n HSS leerder enigeen van bogenoemde pryse inpalm, ontvang die skool ook rekenaar hardeware en -sagteware.
Die toppresteerders in die finale rondte van die CSSA rekenaar-olimpiade staan ook die kans om verdere opleiding by die Universiteit van Kaapstad te ontvang. 'n Span van vier sal gekies word om Suid-Afrika in die IOI 2010 in Kanada te verteenwoordig.
Besoek gerus www.olympiad.org.za vir verdere inligting.
Belangstellendes moet hulle naam by juffrou Pienaar voor of op 24 Februarie 2009 inhandig!
|