2010
Stellie presteer in gimnastiek!
Johan Rossouw het Stellies se naam hoog gehou deur 'n silwer medalje te verower tydens die WP Gimnastiekkampioenskappe!

Veels geluk, Johan, dis voorwaar 'n uitstekende prestasie!
Ruan behaal sukses met jukskei!
Ruan Diedericks is gekies as lid van die o/19A Boland Jukskeispan wat 'n silwermedalje behaal het nadat hulle met slegs 1 punt verloor het teen die wenspan wat 74 punte behaal het. Ruan het sy span gehelp om 25 uit 'n moontlike 28 wedstryde te wen.
Ruan is ook gekies as lid van die o/16 Suid-streekspan wat goud verower het.
Ruan sal gedurende die Julie-skoolvakansie aan die Nasionale Jukskei-kliniek deelneem.
Veels geluk, Ruan!
Lees vorige jare se prestasies in die Alternatiewe sportsoorte argief!
|