Gaan na die HSS Tuisblad!
  Besoek F1 in skole se SA webwerf! Besoek Zeallous Racing se webwerf!
Interskole

2009

Stellies wen weer Interskole teen Montana!

Interskole 2009 is 'n byeenkoms wat nog lank onthou sal word! Stellies het behoorlik geskitter, met 4 uit 6 van ons eerste spanne wat koning gekraai het teen Hoërskool Montana!

Die eerste netbalspan het met 27-12 gewen, die eerste meisieshokkiespan het met 2-1 geseëvier, die eerste skaakspan was met 4-3 baas, terwyl die eerste gholfspan met 2-1 as oorwinnaars uit die stryd getree het.

Netbal wenners
Netbal sterre: Stellies se seëvierende eerste netbalspan wat Montana met 27-12 geklop het!

Stellies het byna skoonskip gemaak, maar die eerste rugby- en seuenshokkiespanne het ongelukkig albei in die laaste 5 minute van hulle onderskeie wedstryde vasgeval.

Die intensiteit en kwaliteit van spel deur al ons spanne was regtig iets besonders om te aanskou.

Welgedaan!

 

Uitslae

Skaak

  • Eerste span: wen 4-3

Gholf

  • Eerste span: wen 2-1

Rugby

  • o/19A: verloor 14-18
  • o/19B: wen 3-0
  • o/16A: wen 22-5
  • o/15A: gelyk-op 0-0
  • o/14A: verloor 5-8

Netbal

  • o/19A: wen 27-12
  • o/19B: wen 22-8
  • o/19C: wen 21-3
  • o/16A: wen 22-11
  • o/16B: wen 21-5
  • o/16C: wen 28-1
  • o/14A: verloor 14-15
  • o/14B: verloor 5-11

Hokkie - seuns

  • o/19A: verloor 1-2
  • o/19B: verloor 0-1
  • o/16A: verloor 0-2

Hokkie - meisies

  • o/19A: wen 2-1
  • o/19B: wen 3-0
  • o/16A: verloor 0-1
  • o/16B: gelyk-op 0-0
  • o/14A: verloor 0-1
  • o/14B: gelyk-op 0-0

 


Lees vorige jare se prestasies in die Interskole argief!