Gaan na die HSS Tuisblad!
  Besoek F1 in skole se SA webwerf! Besoek Zeallous Racing se webwerf!
Agtergrond

Hoërskool Stellenbosch

Hoërskool Stellenbosch is geleë in een van die mees skilderagtige areas in die oudste universiteitsdorp in Suid-Afrika. Die skool word beskut deur berge, is naby die Eersterivier, oorkant die straat van die Jan S. Marais-park, en in 'n rustige, gevestigde en boomryke woonbuurt. Binne die skoolgebou heers 'n ontspanne en vriendelike atmosfeer.

Geskiedenis

Die skool is in 1978 gestig en het ontwikkel uit die Hoërhandelskool Stellenbosch. Ná 'n beskeie begin is die skool onlangs aangewys as een van die beste skole in die land. Die skool en sy leerders lewer uitmuntende prestasies op akademiese, sport- en kultuurgebied. Oud-leerlinge onderskei hulself in verskeie rigtings in die land en in die buiteland.

Karakter

Die skool is 'n Afrikaanssprekende, ko-ed skool met Christelike waardes waar seuns en meisies selfrespek, respek vir mekaar, vir eiendom en vir lewe aanleer. Sonder om aan bande gelê te word deur tradisies, koester die skool sy gevestigde gebruike. Deeglike beplanning is belangrik en ruimte word gelaat vir dinamiese en vernuwende aktiwiteite. Daar word gestreef na uitnemendheid en gesoek na dit wat die beste vir leerders, ouers, onderwysers en die breë gemeenskap is. Die geluk van die individu is vir die skool belangrik en ouers word sterk aangemoedig om betrokke te wees by die skool.

HSS vanuit die lug

HSS vanuit die lug!

HSS vanuit die lug!

Uitnodiging

Die leerders en personeel nooi u uit om saam met ons deur die skool te stap, die verlede te besoek en na die toekoms te kyk!