Verpligte vakke
Leerders moet 4 verpligte vakke neem:
- Afrikaans Huistaal
- Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal
- Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
- Lewensoriëntering
Keusevakke
Enige 3 van die volgende keusevakke moet gekies word:
- Aardrykskunde
- Dramatiese Kunste
- Ekonomie
- Fisiese Wetenskap (Natuur- en Skeikunde)
- Gasvryheidstudie
- Geskiedenis
- Ingenieursgrafika en Ontwerp
- Lewenswetenskappe (Biologie)
- Musiek
- Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)
- Rekeningkunde
- Toerisme
- Visuele Kunste / Ontwerpkuns
Let wel:
- Leerders moet 7 van die bogenoemde verpligte- en keusevakke vir hulle Senior Sertifikaat kies.
- Visuele Kunste / Ontwerpkuns word ná skool by die PJ Olivier Kunssentrum aangebied.
- Fisiese Wetenskappe mag nie sonder Wiskunde geneem word nie.
- Rekeningkunde mag nie sonder Wiskunde geneem word nie.
- Vir Musiek is daar meer as een keuse van instrument wat uitgeoefen kan word.
Ekstra vakke
Leerders kan bo en behalwe hulle 7 verpligte- en keusevakke ook die volgende ekstra vakke ná skool neem:
- Inligtingstegnologie (ná skool by die PRG IT-sentrum)
- Dansstudies
- Duits
Vakveranderinge
Daar is 'n spesifieke proses ten opsigte van vakveranderinge wat gevolg moet word.
Alle vakveranderinge moet eerstens by die verantwoordelike adjunk-hoof uitgeklaar word.
Enige verandering t.o.v. Fisiese Wetenskappe, Rekeningkunde, RTT of Wiskunde kan slegs vóór die aanvang van die tweede kwartaal in graad 10 aangebring word.
Daar kan nie in graaad 11 en 12 met Fisiese Wetenskappe, Rekeningkunde, RTT of Wiskunde begin word nie.
|