Gaan na die HSS Tuisblad!
  Besoek F1 in skole se SA webwerf! Besoek Zeallous Racing se webwerf!
Ouers Pos-lys

E-poslys

Sluit asseblief aan by die elektroniese poslys vir koshuisouers om sodoende op hoogte te bly van gebeure in die koshuis.

Hierdie stelsel is ten volle outomaties en u moet dus die instruksies 100% volg om deel te word van die poslys. U is ook self verantwoordelik vir die verwydering van uself vanaf die lys soos verlang.

Nadat u die subskripsie e-pos gestuur het, sal die posbediener 'n boodskap aan u posbus stuur wat teruggestuur (REPLY) moet word met die woord OK in die liggaam voordat die subskripsie aanvaar sal word.

Klik op die skakel indien u wel wil aansluit by die poslys vir koshuisouers: TEKEN IN


Subskripsie

Indien bogenoemde nie gewerk het nie:

Stuur 'n e-pos VANAF die posbus WAAR U DIE E-POS WIL ONTVANG aan: LISTSERV@STELLIES.COM

Maak die "SUBJECT": Koshuisouerposlys

Die boodskap mag SLEGS die volgende 2 lyne bevat:

subscribe HDPOuers-L
exit


Kanselasie

Indien u die subskripsie wil kanseleer:

Stuur e-pos VANAF die posbus WAARIN u die e-pos ontvang aan: LISTSERV@STELLIES.COM (NB: Hierdie posbus moet die posbus wees waarmee u aanvanklik aangesluit het by die lys.)

Maak die "SUBJECT": Koshuisouerposlys

Die boodskap mag SLEGS die volgende 2 lyne bevat:

unsubscribe HDPOuers-L
exit