Gaan na die HSS Tuisblad!
  Besoek F1 in skole se SA webwerf! Besoek Zeallous Racing se webwerf!
Waardes

SKOOLWAARDES

 

Line Callout 3: Respek is 'n vorm van bewondering, waardering en erkenning van iets of iemand besonders,
en wat verwerf word deur prestasie, senioriteit of  basiese beskawingswaardes.

RESPEK               

 

 

 

 

 

Respek vir myself vra van my om:

            - so te lyk en aangetrek te wees dat ek trots voel op my voorkoms.

            - so op te tree dat ek nie later skaam is vir my gedrag nie.

            - so deel te neem aan die geleenthede wat my gebied word, dat ek met trots en waardigheid

   kan terugkyk na my volwassewording by Hoërskool Stellenbosch.

 

 

Respek vir mekaar vra van my om:

            so te lyk en op te tree dat ander wat die selfde skoolklere dra, nie skaam is vir my nie.

            -  my sê te sê sonder kru taal of  'n voortdurend afkraak en verkleinering van ander.

            -  die geboue, gange en terrein so te gebruik dat dit ordelik is en nie ander ontwrig of in

                gevaar stel nie.

            -  banke, klasse, kleedkamers te laat soos ek dit graag sou wou gekry het.

            -  my te weerhou van onwettighede soos wapens, pornografie, dwelms en verslawende

                middels op 'n  openbare plek soos ons skoolterrein. 

-  waardigheid en gesag van ouer persone te erken,  maar ook minderes met dieselfde

    waardigheid te hanteer waarmee ek hanteer sou wou word.

 

Die hoogste vorm van respek vir mekaar, is die wedersydse respek en erkenning  tussen  seuns en meisies, en tussen  mense van verskillende rasse en kulture.

Hierdie is 'n waarde wat onmisbaar is vir 'n gebalanseerde volwassene

 

 

Respek vir gesag vra van my om:

-  my by die waardesisteem van die skool te hou, omdat ek begryp dat reëls en voorskrifte

     daar is om my te beskerm, orde te probeer skep en opvoeding te bevorder.

-  die hoof en die personeel, asook die leerderleiers te erken en gehoorsaam omdat hulle

     optree in diens van die skool se leerders.

-  die skoolhoof as die hoogste gesag te erken, asook sy oordeel oor dit wat gepaste optrede

     is vir 'n leerder van Hoërskool Stellenbosch.

 

Respek vir eiendom vra van my om:

            -  my skoolklere:

- skoon en netjies te hou soos wat 'n trotse uniform moet wees.

- te dra sonder byvoegings soos juwele en grimering, wat nie by 'n uniform pas nie .

            -  die eiendom en bates van die skool:

- op te pas soos my eie, deur die terrein skoon te hou en goed te bêre as ek dit

  gebruik het, op te ruim in klasse en kleedkamers en dit te laat soos wat ek dit graag

  wou vind.

- te beskerm teen vandalisme, diefstal en verkeerde gebruik, skoon te hou van grafitti

   – “slegs gekke en dwase skryf op mure en glase”.

            -  ander se eiendom :

- slegs met hul toestemming te gebruik of te leen.

- op te pas soos wat ek wou hê dat iemand my eiendom moet oppas.

 

 

 

'n Gebrek aan respek vir reëls, eiendom of vir mense lei gewoonlik daartoe dat 'n persoon nie inpas in 'n gemeenskap nie.  In die geval van 'n skool, kan dit daartoe lei dat iemand gevra word, of selfs aangesê word, om die skool tydelik of selfs permanent te verlaat.

 

 
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


BALANS 

 

 

Balans beteken dat ek verskillende van my talente gebruik, op verskillende terreine, sodat ek meer vaardighede aanleer wat my sal help om 'n goed toegeruste volwassene te word.

 

 
 

 

 

 

 

 

 


Balans vra van my om:

            -  op meer as een terrein van skoollewe deel te neem of te ondersteun

            -  dit vir ander moontlik te maak om hulself uit te leef as gebalanseerde jongmense

-  te besef dat ek skoolgaan vir opvoeding sowel as opleiding

 

 

 

 

UITNEMENDHEID

 

16-Point Star: Uitnemendheid is 'n ingesteldheid om nie met minder as die beste tevrede te wees nie.

 

 

 

 

Uitnemendheid vra van my om:

-  dit wat ek doen, goed te doen.

-  my akademie  as eerste prioriteit te stel

            -  betyds al my boeke te kry en netjies te hou

            -  elke dag die nodige boeke saam te bring

            -  self verantwoordelikheid vir my werk en tuiswerk te neem, veral as ek afwesig was

-  te besef dat die bywoning van elke skooldag en elke klas baie belangrik is.

-  oneerlikheid met huiswerk, toetse en eksamens ten alle koste te vermy.

-  vir alle aktiwiteite (akademie, sport, kultuur) voorbereid te wees en voluit aan

    voorbereiding deel te neem.

-  ook wat my gedrag betref, vir myself 'n baie hoë standaard te stel waarna ek strewe.

 

 

 

 

 

SELFVERWESENLIKING 

 

 

Rounded Rectangular Callout: Selfverwesenliking beteken dat ek sal weet wie ek is, wat vir my belangrik is, weet waarna ek strewe en dat ek gelukkig sal wees met wie en wat ek is.

 

 

 

 

 

 

 

 


Selfverwesenliking vra van my om:

            -  'n bydrae te lewer wanneer ons besluit wat vir ons as Stellies belangrik is

            -  drome te droom en gemotiveerd te wees om mikpunte te stel en te bereik

            -  die beste ek te wees wat ek kan wees

            -  ook ander wat verskil van my te erken en nie gesonde individualiteit te onderdruk nie

            -  gelukkig te wees, en om ander om my gelukkig te maak of geluk te gun

SAMELEWING

 

Curved Down Ribbon: Ons visie (droom vir onsself) is, dat elkeen van ons 'n deel van die samelewing sal word, wat inpas tussen ander mense, en wat 'n positiewe verskil in ander se lewens sal maak
 

 

 

 

 

 

 

 


Om so 'n lid van die samelewing te word vra dit van my om:

            -  in te pas deur

-  die reëls van die samelewing en die land te eerbiedig en te gehoorsaam

            -  op te tree soos wat dit vir 'n skoolleerder pas om op te tree in die openbaar

            -  'n diens te lewer deur

                        -  nood en geleenthede vir hulpverlening om my raak te sien

                        -  betrokke te raak by ander mense en hul behoeftes

                        -  te vra wat ek vir die skool kan doen, sonder om altyd 'n vergoeding te verwag

 

 

 

 

Die fondasie of pilare waarop ons waardesisteem gebou is, is

Integriteit     en      Lojaliteit

 

 

INTEGRITEIT 

Flowchart: Predefined Process: Integriteit beteken dat ek so betroubaar moet wees, dat wanneer ek soms 'n fout maak, mense selfs dan sal glo dat ek iets goed probeer bereik het.
 

 

 

 

 


Integriteit vra van my om

            -  die waarheid te praat.

            -  eerlik te wees in my woorde en my optrede sodat ek betroubaar is sonder bybedoelings.

            -  my foute te erken en reg te maak.

 

LOJALITEIT 

Folded Corner: Lojaliteit behels dat ek 'n verantwoordelikheid in die skool sowel as buite die skool het, om die skool se naam hoog te hou en die skool se belange te bevorder.
 

 

 

 

 

 


Lojaliteit na binne vra van my om:

            -  die skool se belange eerste te stel deur nie ander organisasies, (waarvan die belange bots

     met die skool s'n), te bedryf binne die skool nie.  Dit sluit in akademiese,

     godsdienstige, geldmaak skemas, bendes en ander botsende groepe.

-  skool probleme te probeer oplos deur  die VRL, Graadvoogde of skoolhoof te gebruik.

            -  die skoolgees te bevorder deur positief te wees, en so min moontlik te kla.

            -  oortreders wat ons naam, eiendom of skoolgees bedreig,aan te spreek of te laat aanspreek.

            -  die skool se gedragskode te teken en te respekteer.

 

Lojaliteit na buite vra van my om:

            -  positief te wees oor die skool, die personeel en die leerders in gesprekke met buite persone

            -  goed te lyk en reg op te tree ook buite die skoolterrein en selfs sonder skooluniform.

            -  onwaarhede oor ons skool teen te staan.

            -  my eie naam, my familie se naam en my skool se naam te beskerm.

 

 

Bevel: 'n Eenvormige waardesisteem waaraan almal glo en wat almal onderhou is 'n vereiste vir sukses, prestasie en ‘n gelukkige skoolgemeenskap.