VEILIGHEIDSMAATREëLS
In die Nasionale Onderwysdepartement se Korporatiewe Plan vir 2000 tot
2004 handel projek 6 van Program 2 oor Skoolveiligheid. Dit is goed dat
skoolveiligheid op so 'n hoe vlak aangespreek word want die veiligheid van ons
kinders is 'n saak van Groot belang. Die Departement van Onderwys vereis dat sy
skoolveiligheidsbeleid deur 'n stelsel van voorsorg- en veiligheidsmaatreëls
implementeer moet word.
Ons kinders is vir ons kosbaar. Ons kinders is in u (die opvoeder) se
hande. Die prinsipaal en opvoeders het 'n besondere plig sover dit
leerlingveiligheid betref aangesien hulle in die plek van die ouer optree.
Onnodige beserings deur leerders en nalatigheid aan die kant van
opvoeders moet voorkom word deur voorsorg- en veiligheidsmaatreëls op te stel
en streng toe te pas. Dit is dan ons beskeie mening dat die inligting in
hierdie gids u sal help om juis dit te vermag.
'n Woord oor hoe u die Skoolveiligheidsgids optimaal kan benut: Hierdie
dokument kom in los formaat. Handel as volg daarmee.
(a) Neem die heie
Noodplan gedeelte (Deel H) en maak genoeg afskrifte van elke bladsy vir die
volgende paar jaar.
(b) Bind dan die hele
dokument (A - H). Nou het u ‘n volledige Veiligheidsgids sowel as 'n
aparte Noodplan.
(c) Voltooi die C-deel van die Noodplan. Maak afskrifte vir elke
rolspeler en bind dit.
(d) Volgende jaar en
die jare daarna kan u gebruik maak van die ekstra afskrifte wat u gemaak
het aangesien die rolspelers van tyd tot tyd verander omrede senior
leerders (wat gewoonweg op die spanne dien) asook opvoeders die skool
van tyd tot tyd verlaat.