LET WEL:
1. By enige formele geleenthede waar leerders
die skool verteenwoordig, dra ons ons 'uitgaan-klere'.
'Uitgaan-klere' sluit 'n das en baadjie in, met
skoolrokke vir die meisies.
2. Musse, pette, hoede, breë kopbande of kopdoeke
van enige aard is nie deel van ons skooldrag nie.
3. Meisies kan hul hare met swart, rooi of wit
rekkies vasmaak soos gepas by skooldrag.
4. Juweliersware is nie deel van skooldrag
nie, maar enkel oorknoppies of -ringetjies word wel vir meisies toegelaat.
5. Balkies en prestasie erkennings wat deur
die skool toegeken word kan met trots gedra word.
6. Netjies versorgde hare en naels voltooi die
prentjie van 'n trotse Stellie, met 'n goeie selfbeeld, wat ook goed voel oor
sy/haar skool.
Hare: Natuurlike
eenvoudige haarstyle pas by skooldrag.
Seuns se hare moet
kort en ongekleur wees. Snorre en baarde pas nie by skoolseuns nie.
Meisies se hare moet natuurlik van kleur
wees en vasgemaak word indien lang hare gedra word.
Naels: Lang naels en onnatuurlike
naelkleure pas nie by skooldrag nie en beslis nie by seuns nie.