Gaan na die HSS Tuisblad!
  Besoek F1 in skole se SA webwerf! Besoek Zeallous Racing se webwerf!
Ordereëlings

ORDEREëLINGS

 

1.   Leerders op die terrein

Vir die veiligheid van die leerders is die belangrik dat hulle nie buite sig van personeel en mede leerders is tydens pouses nie  Dit is plekke soos voor die skool geboue, verby die koshuispad, agter die saal en verder as die A- rugbyveld

Ten einde nie ontwrigtend / steurend op te tree nie is stilte nodig naby die personeelkamer, lokale waar toetse geskryf word, musiekkamers en die voorportaal

Om eiendom sowel as die goeie naam van ons leerders te beskerm moet die volgende

terreine pouses leerdervry wees:  die terreinpersoneel se lokale, die fiets- en motorparkeerplekke, personeelbadkamers, die saal asook die tweede en derde vloere van die skoolgebou.  Op reëndae mag leerders op die grondvloer wees tydens pouse.

Ter wille van besoekers gebruik leerders nie die hoofingang-deure in die voorportaal nie.

 

2.   Stiptelikheid en afwesighede

          Wees betyds vir skool, klasse, vervoer en ander aktiwiteite.

Leerders wat laat kom lei tot groot frustrasie by onderwysers sowel as mede-leerders.

Ons begin die skooldag saam met opening en afkondigings, wat eenheid help bou, asook die leerders ingelig hou. 

Laatkommers moet by die sekretaresse aanmeld om hul naam van die afwesigheidslys te verwyder

   Afwesighede: In die geval van afwesighede moet die ouerhuis die skool so gou

              moontlik in kennis stel.  Skriftelike verskonings moet in die geval van toetse en eksamens gemaak word

 

3.  Tydens saalbyeenkomste, normaalweg op Maandae, word die basies beskaafde

   optrede wat by binneshuise formele en semi-formele byeenkomste geld, ingeskerp.  Leerders neem hul sitplekke in klasverband in, vanuit die voorportaal.

 

4.   Die skool beskik oor 'n siekekamer en leerders kan daarvan gebruik maak in

              oorleg met die sekretaresse of adjunkhoofde.

              Dit is belangrik dat die klasonderwysers sal kennis dra van leerders in die siekekamer.

 

5.   Dit is vir die ouers sowel as die skool belangrik om ten alle tye die leerders se

              veiligheid so ver moontlik te verseker. 

  Leerders mag dus nie die skoolgronde tydens skoolure verlaat sonder ‘n verlofbrief nie.

 

6.   Leerders moet sover as moontlik vermy om afsprake (vir dokters, tandartse,

          bestuurderslisensies, ensovoorts) tydens skoolure te maak.

          Kontak vanaf die ouerhuis met die skool, in sulke noodgevalle, is essensiël om

              botsings met toetse en ander belangrike sake te vermy.

 

7.   Adresveranderinge en telefoon besonderhede moet so gou moontlik, skriftelik

aangemeld word.  Dit verhoed groot verleenthede en misverstande

 

8.   Skoolverslag en rapport word aan die einde van elke kwartaal saam met die

leerders gestuur.  Ouers moet asseblief navraag doen indien hulle niks ontvang nie.

 

9.   Ouer-besoekaande wat ‘n formele kontak geleentheid tussen ouers en

onderwysers is, vind aan die begin van die tweede en derde kwartaal plaas.

 

10.  Toestemming vir die bestuur en parkering van motors deur leerders op die

terrein, sal slegs deur die skoolhoof oorweeg word, indien die motor sowel as die leerder aan wetlike voorskrifte voldoen.

 

11.  Koshuis:  Leerders gaan nie tydens skoolure na die koshuis nie.

Geen nie-inwoners betree die koshuisgebou sonder begeleiding van ‘n koshuis

inwoner nie.