HOëRSKOOL STELLENBOSCH IS ‘N AFRIKAANS MEDIUM SKOOL
IN STELLENBOSCH WAT STREWE OM:
* CHRISTELIKE
NORME EN WAARDES UIT TE BOU
* DIE HOOGSTE
AKADEMIESE STANDAARDE TE HANDHAAF IN ‘N VRIENDELIKE EN STIMULE-RENDE OMGEWING.
* LEERLINGE
TOT VERANTWOORDELIKE BURGERSKAP EN GESONDE MENSEVERHOU-DINGE TE BEGELEI
* ELKE
LEERLING AS INDIVIDU TE REKEN EN TE MOTIVEER TOT DIE ONTWIKKELING VAN SY/HAAR
VOLLE POTENSIAAL
* DIE
GEBALANSEERDE ONTWIKKELING VAN LEERLINGE TE VERSEKER DEUR DEELNAME AAN ‘N
VERSKEIDENHEID SPORT- EN KULTURELE AKTIWITEITE
* IN
VENNOOTSKAP MET OUERS SAAM TE WERK IN BELANG VAN ONS SKOOL
2 ETOS
As Beheerliggaam, ouers, personeel en
leerders aanvaar ons die volgende:
2.1 Hoërskool
Stellenbosch is gefundeer in christelike beginsels en dat dit van elkeen verwag
word om dit uit te leef. die oppergesag en almag van God Drie-enig word
erken. Geloofsvryheid word ook erken.
2.2 Die gesin is dié
primêre opvoedingsbasis van elke leerder. Daar word van ons leerders verwag om
volwasse persone se gesag te erken en dit ook te aanvaar. Volwassenes sal poog
en daarna streef om elke leerder met liefde geduld en begrip te lei en te
ondersteun.
2.3 Die belange van
die skool word bo eie belange en behoeftes gestel. Daarom sal gepoog word om
te alle tye, deur ons gedrag, optrede, taal en denke die mooi naam van die
skool uit te dra, te bevorder en gestand te doen.
2.4 Die beginsel van
vreedsame naasbestaan word erken. Leerders en opvoeders is in ‘n vennootskap
betrokke en daarom moet daar deurentyd gebou word aan wedersydse positiewe
gesindhede.
2.5 Hoë standaarde is
ononderhandelbaar en moet behou en steeds verder verhoog word om sodoende te
voldoen aan die behoeftes van die tyd. ‘n Positiewe en gesonde leerkultuur is
dus van deurslaggewende belang.
2.6 Die beginsel van
gebalanseerdheid word onderskryf en daarom streef elkeen daarna om dit uit te
leef deur op ‘n verskeidenheid van terreine, binne bepaalde vermoëns en
beperkings, betrokke te raak en ‘n bydrae te lewer.