Gaan na die HSS Tuisblad!
  Besoek F1 in skole se SA webwerf! Besoek Zeallous Racing se webwerf!
IT (Prosedures en Beleid)

IT-komitee

Die IT-komitee (IT) is verantwoordelik vir die beskikbaarstelling, instandhouding en ontwikkeling van alle rekenaarfasiliteite en dienste.

Alle rekenaargebruiksareas (RGA's) in die skool, sowel as in die koshuis (HDP), val onder IT se jurisdiksie en IT reëls geld by alle rekenaars.

Kostes & terme: Netwerktoegang

Alle leerders begin die jaar met gratis rekenaar- en netwerktoegang. Heraansluitingsfooie mag gehef word ná ernstige oortredings. Internet lugtyd word op 'n voorafbetaalde ("pre-paid") stelsel bedryf waar elke leerder soveel lugtyd kan aankoop soos benodig. Drukkoste sal ook gemonitor word.

Leerders word elkeen hul eie rekening en gebruikersnaam toegeken. Leerders mag slegs op hul eie gebruikersnaam aanteken en word verantwoordelik gehou vir alles wat op die rekening gedoen word.

Geen leerder word toegelaat om op enige iemand anders se rekening in te gaan nie. Net so mag geen leerder hul wagwoord of rekening beskikbaar stel aan enige ander leerder nie - nie eens vir die druk van 'n enkele bladsy nie!

Verbreking van hierdie reël, of enige ander IT reël of beleid, mag lei tot die opskorting of sluiting van beide leerders se rekeninge - ongeag of dit benodig word vir 'n skoolvak!

Indien daar onsekerheid oor die gebruikersnaam of wagwoord is, of enige probleme ondervind word, moet daar navraag gedoen word by die IT-kantoor (Kamer 213 - langs die rekenaarsentrums).

Die volgende is van die dienste wat beskikbaar is:

1. Gebruik van rekenaars Daar is rekenaars in die 2 rekenaarsentrums, in die IT-gang, Biblioteek, en HDP tot leerders se beskikking.
2. E-Pos <username>@stellies.com
3. Internet

Beheerde Internet lugtyd wat aangekoop word.

Huidige pryse: (mag aangepas word na gelang van marktoestande en verbruik)

  • R30+ @ R1/1MB
  • R60+ @ 80c/1MB
  • R100+ @ 70c/1MB
  • R150+ @ 60c/1MB

Betaalde Internet verval nie. Internet mag nie gedeel word met ander leerders nie.

4. Drukwerk

'n Laserdrukker is in die rekenaarsentrum beskikbaar vir akademiese doeleindes.

Drukwerk word wel gemonitor om misbruik te beperk.

Nie-akademiese drukwerk mag slegs met toestemming gedruk word en 'n ekstra heffingsfooi per bladsy sal gevra word.

5. Elektroniese ensiklopedie Microsoft Encarta
6. Sagtewarepakette Microsoft Office, AllyCAD en vele ander sagtewarepakette mag gratis gebruik word.
7. Klets en forum Neem deel aan aktuele gesprekke met die skool se eie veilige kletsgroepe en forums.
8. Foto-argiewe Alle digitale foto's wat geneem word, word in die skool se elektroniese foto-argief gestoor.
9. Intranet Daar word gestreef om die skool se netwerk konstant uit te brei en te verbeter, om al hoe meer dienste en bronne aan die leerders beskikbaar te stel. Sien die Intranet tuisblad vir die jongste inligting rakende beskikbare dienste, asook wysigings aan enige IT reëls of beleid.

Navrae

  • Alle gelde word by die finansiële kantoor inbetaal.
  • Enige finansiële navrae kan direk aan Mev. Styger by +27 021 887 3082 of gerig word.
  • Enige IT navrae kan aan Mnr L. Müller () gerig word.

Gedragskode

Alle rekenaargebruiksareas (RGA's) word beskou as hoë sekuriteitsareas en is onderworpe aan streng gedragsvereistes om toerusting te beskerm. Daar mag sigbare en/of versteekte kameras teenwoordig wees in alle RGA's om te help met die monitering van gedrag.

  1. Biblioteek toestande moet te alle tye heers (stil, beskaafd en ernstig, slegs een persoon per rekenaar);
  2. daar mag nie gebondel, gehardloop, baklei, aanmekaar gehang of gespeel word in enige sentrum of RGA nie;
  3. daar moet regop en korrek gesit word voor die rekenaar, met beide bene onder die tafel, geen gewieg of slons/lê op stoele nie;
  4. Leerders moet altyd gehoor gee aan die opdragte van die rekenaarpersoneel of opvoeder aan diens;
  5. geen ander vak of persoonlike werk mag tydens klastye gedoen word sonder uitdruklike toestemming van die opvoeder aan diens nie;
  6. Tasse, sport toerusting en boeke wat nie benodig word nie, word in jou tas in die gang voor die sentrum gelos;
  7. GEEN voedsel, kougom of vloeistowwe word toegelaat nie, dit SAL gekonfiskeer word (NIE terug besorg word nie) en jy sal gestraf word;
  8. alle voedsel en vloeistowwe, sowel as papiertjies en leë pakkies moet in jou tas gesit word of in die drom gegooi word voordag jy die sentrum betree (as dit in jou baadjiesakke of enigsins op jou gevind word, word jy as skuldig aanvaar);
  9. GEEN selfone, mp3-spelers, kameras, PDA's of ander elektroniese toestelle toegelaat tydens klastye (dit sal gekonfiskeer word);
  10. daar mag nie aan die rekenaar, skerm, muis, sleutelbord, ens. geskuif, verander of gepeuter word nie;
  11. moenie op die skerm vat met jou vingers nie en moenie die skerm draai of skuif om iets vir 'n maatjie te wys nie;
  12. enige flashdisk, stiffy of ander private eiendom wat vergete gebly het, MOET DADELIK ingehandig word by die IT-kantoor of personeellid aan diens, saam met 'n nota wat aandui waar dit gevind is en die datum en tyd (daar mag belonings uitgedeel word);
  13. diefstal of beskadiging van enige skool of private toerusting of data, sal lei tot 'n tugverhoor;
  14. geen data met 'n virus mag gebring of gestuur word nie, sorg dat jy virusloos is!!!

Prosedures

TYE:

  • Die sentrum is Maandae tot Donderdae na skool tot 16:30 beskikbaar, of soos omstandighede dit toelaat;
  • Die sentrum is nie tydens pouses, na-ure, Vrydaemiddae, naweke of eksamens beskikbaar nie. Die IT-gang is wel beskikbaar;

ALGEMEEN:

  • Alle persoonlike data moet in die gebruiker se tuisgids (Z:aandrywer) gestoor word;
  • Persoonlike inligting of programme mag nie op enige ander netwerkdryf of rekenaar se hardeskyf gestoor word nie;
  • Hakerige muise moet aangemeld word. Enigiets wat weg of foutief by 'n rekenaar is moet DADELIK aangemeld word;
  • Alle probleme kan per e-pos aangemeld word by of aan die begin van pouses by die IT-kantoor;
  • Daar is 'n 24 uur wagperiode op alle IT-versoeke;

INTERNET:

  • Beperkte internet mag gratis verskaf word as beloning vir hulp deur assistente of vir prestasies - soms aan alle gebruikers;
  • Gratis internetlugtyd kan sonder kennisgewing opgeskort word. Dit word slegs gedoen om die skool se bandwydte te beskerm teen uitputting;
  • Aangekoopte internetlugtyd sal nie opgeskort word nie, mits die skool se bandwydte nie reeds uitgeput is nie;
  • Die sisteem sal altyd eers van 'n gebruiker se gratis lugtyd gebruik, voordat die gebruiker se betaalde lugtyd gebruik word;
  • Die tarief vir internetlugtyd werk tans op 'n glyskaal (sien boonste tabel) maar kan sondermeer verander na gelang van marktoestande;
  • Die internetlugtyd word op 'n "pay-as-you-go"-basis bestuur en is dus nie tydgebonde nie. Wanneer die internet eenhede (airmegs) opgebruik is, sal internetlugtyd outomaties afgesny word. Besoek http://proxy/ om oorblywende internetlugtyd te besigtig;
  • Alle webwerwe is toeganklik totdat dit deur IT (om watter rede ook al) as ontoeganklik geregistreer word;
  • Alle webbesoeke van alle gebruikers word gepubliseer en kan deur enige gebruiker besigtig word. (Besoek http://proxy/squid-reports/);
  • Internet lugtyd AANKOPE: Betaal 'n minimum van R30 TYDENS POUSE in by die finansiële sekretaresse en meld duidelik dat dit vir internet-lugtyd is. NEEM DIE KWITANSIE en skryf jou "username" agterop. Handig die kwitansie aan die begin van 'n pouse by IT in. Dit mag voordelig wees om aan die begin van die jaar eerder 'n groter bedrag aan te koop om sodoende te bespaar;

E-POS:

  • Geen e-pos mag op papier uitgedruk word nie;
  • Die lees of stuur van e-posse gedurende akademiese periodes, sal lei tot die sluiting van die posbus. E-pos mag slegs met die toestemming van die opvoeder tydens akademiese periodes gebruik word;
  • E-pos mag nie misbruik word nie - Wangebruike sluit in:
    • Die stuur van: "hate mail", gemorspos, naamlose pos, vuil taal, speletjies, pornografie (ingesluit pornografie wat as "kuns" bestempel word);
    • Om 'n ander persoon te terroriseer, te bombardeer ("mail bomb");
    • Aanstuur van kettingbriewe & hoax'e;
  • Daar word van e-pos gebruikers verwag om die nie-amptelike gedragskodes vir die versending van e-pos te gehoorsaam. Dit sluit onder andere die volgende in:
    • Wees beleefd en let op taalgebruik.;
    • Moenie hoofletters gebruik nie. DIT BETEKEN DAT JY SKREE!;
    • Moenie adresse, telefoonnommers en ander persoonlike inligting in e-posse bekend maak nie;
  • Die volgende e-pos verstellings is verpligtend vir alle gebruikers:
    Die "Personal Name" en "signatures" moet verander word na slegs: Van, Voorletter, Titel, bv.: Müller, L. Mnr;

Beleid

TOEGANKLIKHEID:

  • Toegang tot die rekenaarfasiliteite is gratis, maar vir Internet moet betaal word. Boetes mag gehef word vir oortredings;
  • Rekenaars in die koshuis (HDP) is beskikbaar volgens die koshuis se tye. Alle IT voorskrifte geld ook daar;
  • Daar is rekenaars in die IT-gang en Biblioteek beskikbaar volgens voorskrifte wat teen die muur opgesit is;
  • Die sentrum is NIE tydens skoolure (wanneer 'n klas dit gebruik) beskikbaar NIE, selfs al is daar rekenaars onbeset;
  • Die benutting van tegnologiese middele in die skool, is nie 'n reg nie, maar 'n voorreg;
  • Die beleid, soos in die dagboek uiteengesit, dien as voorwaardes vir die gebruik van die rekenaarfasiliteite;
  • Die beleid mag, indien nodig geag deur die IT-komitee, byvoegings kry of gewysig word. Die nuutste weergawe van die IT-beleid sal altyd op die Intranet webblad beskikbaar wees. Indien daar wel veranderinge aangebring word, sal daar vir 'n periode van minstens een week 'n duidelike kennisgewing op die Sentrum se deur geplaas word, wat al die leerders in kennis stel om op die webblad hulself met die veranderinge en nuwe beleid te vereenselwig;
  • Misbruikers se netwerktoegang sal tydelik (tot herstel datum) of permanent opgeskort ("Account disabled") word, afhangend van die oortreding;
  • Alle rekenaarfasiliteite van die skool mag SLEGS vir AKADEMIESE doeleindes aangewend word;
  • Daar word in die middae klas gegee in die sentrum. Indien daar 'n rekenaar beskikbaar is, kan gebruikers (na skool) instap en STIL voortgaan sonder om die klas te steur;
  • Daar moet te alle tye STILTE (biblioteek toestande) heers;
  • Die area agter die tafel voor in die sentrum is vir almal verbode. (Assistente betree soms die area om papier in die drukker te plaas);
  • Die demonstrasierekenaar en witbord voor in die sentrum is slegs vir personeel se gebruik;

WANGEBRUIK:

  • Die rekenaarfasiliteite mag op geen manier misbruik word nie. Misbruike sluit in:
    • Aktiwiteite wat lei en moontlik kon lei tot die wanfunksionering van die sisteem of die beskadiging van toerusting, sagteware en die netwerksisteem asook die werkverrigting daarvan;
    • Onwettige toegang tot konfidensiële rekords, enige rekenaar (C: aandrywers ingesluit) en die bediener te PROBEER verkry;
    • Die versending of huisvesting van pornografiese tekste, -foto's of ander grafiese-, rassistiese- of seksistiese - materiaal;
    • Die versending of huisvesting van enige materiaal wat beledigend jeens enige geloof is;
    • Die skepping, installering of eksperimentering van / met 'n rekenaarvirus;
    • Die installering, GEBRUIK of kopiëring van enige sagteware (insluitende: IRC, Chat, speletjies) op enige rekenaar;
    • Die verandering van die konfigurasie van 'n rekenaar of die netwerksisteem (insluitend Desktop prent en stellings);
    • Die "download" \ aflaai \ kopiëring van enige sagteware met kopiereg;
    • DIE DEELNAME AAN ENIGE VORM VAN REKENAARSPELETJIES (SELFS AL IS DIT WINDOWS-SPELETJIES);
    • Geen speletjies sluit in: geen internet, flash, windows of ander speletjies. Ook nie wat self op disk gebring word nie;
    • Enige skade wat opsetlik aan die apparatuur of programmatuur aangebring word;
    • Ongemagtigde verwydering, verskuiwing of uitprop van hardeware (drukkers, muise, netwerkkabels, muisballe, sleutelborde, ens.);
    • Enige vorm van teistering (Netwerkboodskappe ingesluit);
  • Alle rekenaars in die skool funksioneer in 'n geen-voedsel-omgewing. Voedsel- en waterhouers moet in tasse gelaat word;
  • Geen samedromming rondom 'n rekenaar word toegelaat nie;
  • Die woordeboeke, Bybels en ander bronne in die sentrum mag nie verwyder word nie;

AANSPREEKLIKHEID:

  • Gebruikers word verantwoordelik gehou vir wat deur middel van hul "username" op die netwerk gedoen of aangerig word;
  • 'n Gebruiker mag onder geen omstandighede sy of haar wagwoord aan 'n ander gebruiker bekend maak OF leen NIE;
  • GEEN GEBRUIKER MAG 'N ANDER GEBRUIKER SE "USERNAME" GEBRUIK OM TOEGANG TOT DIE REKENAARFASILITEITE TE VERKRY NIE;
  • Gebruikers se privaatheid word respekteer. Die sisteemoperateurs het egter toegang tot alle data, e-pos, asook alle internet statistiek en sal van tyd tot tyd aktiwiteite en data monitor. Verbode aktiwiteite kan dus nagespeur en aangemeld word;
Die tipiese optrede deur IT in geval van wangebruik
Tipe wangebruik Diensopskorting Skorsingstydperk vir 1ste, 2de, 3de oortredings in skoolweke
Mail bombing E-Pos 2 weke, 5 weke, 10 weke
Netwerkboodskappe Toegang 2 weke, 4 weke, 8 weke
Onwelvoeglike materiaal Toegang 6 weke, 12 weke, PERMANENT
Omruil van kabels Toegang 4 weke, 12 weke, sluiting
Sabotasie van stelsel Toegang PERMANENT
Speletjies (besit / speel) Toegang 4 weke, 8 weke, sluiting
Wagwoord uitleen Toegang 4 weke, 8 weke, sluiting
  • Opskorting van sekere dienste, of "boetes" deur aftrekking van Internet lugtyd mag ook toegepas word;
  • Indien 'n rekening gesluit word weens oortredings, mag 'n heraansluitingsfooi of boete as straf gehef word;
  • Indien 'n rekening gesluit word na herhaalde misbruik, mag dit of permanent van aard wees, of 'n opsie sal gegee word om R300 in te betaal vir heraktivering van Netwerktoegang;

PLIG:

  • Dit is elke gebruiker se plig om rekenaarmisbruikers by IT aan te meld. Dit kan gedoen word deur middel van 'n e-pos boodskap (). Sulke boodskappe MOET die volgende inligting bevat: Die nommer van die rekenaar (staan op die rekenaarkas) waarby die gebruiker gesit het, die datum en tyd wat die gebruiker ingeteken was, wat die oortreding was en indien moontlik, wie die gebruiker was;
  • Al die gebruikers moet die rekenaarfasiliteite met die nodige sorg en verantwoordelikheid gebruik;

VRYWARINGS:

  • IT aanvaar geen verantwoordelikheid vir data-verlies nie;
  • Die skool, beheerliggaam en personeel kan nie verantwoordelik gehou word vir onwelvoeglike materiaal wat deur gebruikers besigtig word nie. Daar sal wel teen sulke gebruikers opgetree word;

BEMAGTIGING:

  • MINAGTING VAN HIERDIE BELEID KAN DAARTOE LEI DAT 'N GEBRUIKER SE TOEGANG TOT DIE REKENAARFASILITEITE TYDELIK OF PERMANENT OPGESKORT WORD. Hierdie reëling geld, ONGEAG of die gebruiker enige vorm van akademiese verpligting het om die fasiliteite te gebruik of die vak Rekenaarstudie volg. IT behou dus die reg om gebruikers van die netwerk af te skors.

IT-komitee