Reünies
Hou hierdie spasie dop vir nuus oor komende reünies, of gaan kyk by jou jaargroep se Facebook-groep (sien hieronder)!
Matrieks van 1989 hou reünie!
Die matriek-klas van 1989 hou hierdie Saterdag, 22 Augustus 2009, hulle 20-jaar reünie en nooi alle klasmaats hartlik uit om 'n ligte middagete by die Seasons restaurant by die Devon Valley Hotel by te woon.
Die koste beloop R140 vir volwassenes en R70 vir kinders onder 12 jaar, terwyl kinders onder 3 jaar gratis kuier. 'n Ligte buffet-middagete en glas sjampanje is by die prys ingesluit. 'n Kontantkroeg is beskikbaar vir verdere verversings.
Verrigtinge begin om 10h30 vir 11h00 en sal tot so tussen 14h00 en 15h00 duur.
Daarná nooi Winnie almal uit om die aand in styl by De Akker af te sluit!
Belangstellendes moet asb. so gou as moontlik vir Tinka van Dyk (née Klein) kontak by of besoek gerus die reünie se Facebook-groep.
Sluit aan by HSS se Facebook-groep(e)!
Facebook, die sosiale netwerk webwerf wat die wêreld aan die gons het, spog sedert die begin van Junie 2007 met 'n Hoërskool Stellenbosch Alumni-groep!
Die HSS-groep se gewildheid ken geen perke nie en binne die eerste maand het daar reeds meer as 300 lede aangesluit!
Oud-Stellies wat nog nie deel is van die pret nie, word aangemoedig om op Facebook te registreer (dis gratis!) en dan by die Hoërskool Stellenbosch Alumni-groep aan te sluit.
Jy sal ou vriende weer maklik kan opspoor, moeiteloos met huidige vriende kontak behou, en op hoogte bly van al die jongste skool- en reünie-nuus!
Alle HSS-alumni word vriendelik versoek om al hulle oud-klasmaats oor Facebook in te lig en om seker te maak dat hulle wel by die HSS-groep aansluit!
Onderwysers, personeel en ouers wat al by HSS betrokke was en belangstel om aan te sluit, is natuurlik ook meer as welkom!
|