2010
Tiana skitter in UK Wiskunde-olimpiade!
Hoërskool Stellenbosch is ontsettend trots op Tiana du Preez, 'n graad 11-leerder wat tydens die Universiteit Kaapstad se Wiskunde-olimpiade prysuitdelingsfunksie 'n goue diploma verwerf het!
Ongeveer 8,000 leerders vanoor die hele Wes-Kaap het die olimpiade aangedurf.
Tiana het dus onder die top 10 presteerders geëindig van ál die graad 11-leerders wat deelgeneem het.
Voorwaar 'n puik prestasie!
2009
Leerkragte
Die Wiskunde-departement vir 2009 bestaan uit die volgende leerkragte:
- Mev. M. van den Heever: Gr. 10 - 12 (Vakhoof)
- Mev. N. de Villiers: Gr. 10 - 12
- Mej. L. Jacobs: Gr. 8 - 11
- Mev. H. Pretorius: Gr. 8 en 9 en Wiskundige Geletterdheid Gr. 10 en 12
- Mnr. L. Burger: Gr. 9 en Wiskundige Geletterdheid: Gr. 10 en 11
- Mev. R. Victor: Gr. 8
In die klaskamer

Mev. M. van den Heever
|

Mev. N. de Villiers
|

Mej. L. Jacobs
|

Mev. H. Pretorius
|

Mnr. L. Burger
|

Mev. R. Victor
|
Olimpiades
Die eerste rondte van die Harmony wiskunde-olimpiade vind op 18 Maart by die skool plaas.
Die UCT wiskunde-olimpiade vind plaas in April by die universiteit van Kaapstad.
Stellenbosch het ook 'n olimpiade waar die leerders 4 vrae op hul eie tyd moet beantwoord en dit na die gegewe adres moet pos. Daaruit
sal 'n span saamgestel word wat deur die US hanteer word.
Addisionele Wiskunde
Addisionele Wiskunde word op Dinsdae-aande om 19h00 aangebied. Die aanbieder is Jean de Villiers.
Tans word dit net aan graad 10-leerders gebied. Graad 11-leerders se klasse sal gedurende die 2de kwartaal begin.
47 Stellies deur na tweede rondte van wiskunde-olimpiade!
Een honderd Stellies het op 18 Maart 2009 aan die eerste rondte van die Harmony wiskunde-olimpiade deelgeneem.
Die volgende 47 leerders het puik gevaar deur te kwalifiseer vir die tweede rondte wat op Donderdag, 21 Mei 2009 plaasvind:
|
Graad 8
- J.J.M. Matthee
- N.T. Theron
- Frank Burger
- Mariska Carstens
- Mardi Strydom
Graad 9
- J. Fouche
- E. de Klerk
- M. Kamper
- S. Viljoen
- N. Zietsman
- P.R. Reuvers
- I.H. Burger
- E.M.A. Aldrich
- T. van Zyl
|
Graad 10
- T. du Preez
- C. Grobbelaar
- L. Lötter
- A. Sadie
Graad 11
- Janneke Lötter
- Francois Marais
- Rian Viljoen
- P.W. van der Merwe
- Riaan van Niekerk
- Handré Bosman
- Hugo Minnaar
- Jan Botha
- Martin Zietsman
- Johannes Jonker
- Marli le Roux
- Frikkie van Tonder
|
Graad 12
- Ineke van den Berg
- Heléne van Schalkwyk
- Sheree Davids
- Euodia Vermeulen
- J.P. Ellis
- Salomien Louw
- Katrien van Aswegen
- Rudi Joubert
- Adriaan Engelbrecht
- Heinrich Geldenhuys
- Renier Olivier
- Johan van der Walt
- Andrea Kirsten
- Wiepke Wever
- Alet Janse van Rensburg
- Elene Human
- Andries Niemandt
|
Stellies skitter by UK wiskunde olimpiade!
HSS se leerders het uitstekend presteer by die Universiteit van Kaapstad se wiskunde olimpiade!
James-John Matthee het 'n 1ste plek behaal in die indiwiduele afdeling vir graad 8 leerders, terwyl Tiana du Preez en Lezanne Lötter 'n 3de plek in die pare afdeling vir graad 10 leerders verower het!
'n Totaal van 6,329 van die beste wiskunde leerders uit 138 skole vanoor die hele Wes-Kaap het aan die kompetisie deelgeneem. Voorwaar 'n puik prestasie!
Die prysuitdeling het op Woensdag 27 Mei 2009 in die Baxter-teater in Kaapstad plaasgevind.
Daar is nog twee oorblywende wiskunde olimpiades waaraan Stellies kan deelneem:
- by Hoërskool Montana op 12 Augustus 2009 (koste R10), en
- by Hoërskool Stellenbosch op 14 September 2009 (koste R35).
|