Gaan na die HSS Tuisblad!
  Besoek F1 in skole se SA webwerf! Besoek Zeallous Racing se webwerf!
Sport

Sportkantoor: Mev. M van Zyl (ZB)
E-Pos: sport@stellies.com
Tel: 021 887 3082 (x117)

Puik en ervare afrigters (intern en buite-spesialiste) ontwikkel elke individu se potensiaal ten volle. Deur die jare het Hoërskool Stellenbosch talle provinsiale en nasionale sportsterre opgelewer.

By ons kan almal egter deelneem, betrokke raak en sport geniet. Ons stel spanbou en spangees voorop.

Affiliasiefooie word betaal vir alle sportsoorte - ook dié wat nie by die skool aangebied word nie. Jy kan dus bykomende sportsoorte soos swem, driekamp, tweekamp, muurbal en vele ander beoefen en daarin uitblink.

Hoërskool Stellenbosch beskik oor uitstekende sportgeriewe met 'n onvergelykbare uitsig op die Bolandse berge:

  • 2 rugbyvelde,
  • 2 hokkievelde,
  • 6 tennisbane,
  • 5 netbalbane, en
  • 1 krieketveld met 4 krieketnette.

Atletiekafrigting vind by die legendariese Coetzenburg-baan plaas.

Ons buitemuurse program dra by tot die kweek van selfvertroue en ontwikkeling van leierskap.