Gaan na die HSS Tuisblad!
 
Uitstappies

2010

Stellies luister na Duitse koor in Endlersaal

Leerders van graad 10 tot 12 wat Duits as vak neem, het op Donderdag 15 April 2010 die etensuurkonsert in die Endlersaal bygewoon.

Die Brauschweig Universtiteitskoor uit Duitsland het opgetree.

Die konsert was deel van die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK) se Ithuba Festival.

Duitse uitstappie

Etensuurkonsert: Juffrou Maree en Stellies se graad 10 - 12 Duits leerders sit op die trappies voor die US Konservatorium.

 


2009

Amsterdam opvoedkundige en kulturele besoek

C. Mocke

Gedurende 5 - 18 April het ons 'n besoek aan Het Amsterdams Lyceum gebring. 'n Groep van sewe leerlinge het die toer meegemaak.

Die eerste dag is ons by die skool verwelkom en leerlinge het 'n lesing ontvang oor die geskiedenis en ontwikkeling van Amsterdam. Hierna is hulle te voet op 'n besigtigingstoer deur die stad geneem en Begijnhof, Museum Ons Lieve Heer op Solder, en die rooilig-gebied is die middag besoek.

Gedurende die eerste week is klasse bygewoon in Filosofie, Aardrykskunde, Nederlands en Kunsgeskiedenis. Die volgende geskiedkundige plekke is besoek: Anne Frank-huis, Van Gogh Museum, Rijksmuseum, Nasionale Monument op die Dam, en Westerkerk waar sommige van ons die Sondag 'n erediens bygewoon het. 'n Besoek is ook gebring aan Paleis Het Loo.

Drie leerders is deur een van die Nederlandse ouers saamgeneem na Parys waar hul onder andere die volgende besoek het gedurende die Paasnaweek: die Eiffeltoring, Arc de Troimphe, die Louvre en Disney World.

Roei-lesse is ook aan die leerlinge deur mnr. Lourens Vollenbronck gegee en 'n roeitog is op die Amstel-rivier onderneem.

'n Mens kan nie Nederland besoek sonder om fiets te ry nie en dit was ons ook beskore. 'n Tog na Marken oor die meer met 'n ferrie na Volendam en te fiets terug na Amsterdam is onderneem. 'n Uitstappie van 75km te fiets en seer boude en bene was ons voorland!

Ander dorpe wat besoek is, sluit in: Leiden, Den Haag en Keukenhof se blommeprag. 'n Toneelopvoering van Figaro is ook een aand by die skool aangebied en ons het dit terdeŽ geniet.

Vele ander besienswaardighede is besigtig en die stad Amsterdam is terdeŽ geniet en beleef. Dit was vir die meeste leerders 'n eerste oorsese besoek en die vriendskappe, kennis en lewensondervinding wat opgedoen is, sal lewenslank onthou word.

Hulle het die laaste paar dae die geleentheid gekry om onafhanklik die stad te verken nadat hul vertroud was met die trems en busse. Indien hul weer die buiteland besoek, sal hulle dit beslis met meer selfvertroue en ervaring kan aanpak.

 


Stellies visit Maynardville

As You Like It

120 Stellies learners attended the performance of As You Like It at the beautiful open-air Maynardville theatre in Wynberg on 2 February 2009, accompanied by teachers.

The weather was fine and the play a delight, while the good behaviour of the audience of mostly school children added to the success of the outing.

At school, our learners listened to an introductory talk in which the story of the comedy was related and theatre conventions and etiquette were explained. They were made aware of features of the play like Dramatic Irony, gender switching, disguises, songs and poems. The famous and often-quoted soliloquy of the melancholy Jacques on The Seven Ages of Man was highlighted so that learners could understand and enjoy it.

This annual outing is a valuable educational opportunity and a most enjoyable occasion for those who make use of it. It is hoped the every Stellie will visit Maynardville at least once in his or her school career!