Súlke bekke kort jêm! |
2010-05-17 |
|
Nege redenaars van Hoërskool Stellenbosch het op 29 April 2010 aan die eerste rondte van die jaarlikse ATKV redenaarskompetisie by Hoërskool Parel Vallei deelgeneem. Die leerders was voorwaar goeie verteenwoordigers vir die skool!
André Dippenaar (senior) en Natalie Theron (junior) is albei deur na die halfeindstryd van die kompetisie. Op Vrydag, 6 Augustus 2010, verteenwoordig hulle Stellies by Hoërskool Monument Park in Kraaifontein waar die tweede rondte van die kompetisie sal plaasvind.
Ons hou styf duim vas vir hierdie twee leerders en weet dat dit uitstekend sal gaan!
|
|
Stellies maak skoonskip by Wayne Ferreira tennistoernooi! |
2010-05-14 |
|
HSS se seuns toernooispan het geskitter deur die Wayne Ferreira tennistoernooi vir skoolspanne op oortuigende wyse te wen!
Die toernooi het gedurende die week van 5 - 9 Mei by Parktown Seunskool in Johannesburg plaasgevind.
Gedurende die uitspeelrondtes klop Stellies vir St. Sithians met 17-3, Potchefstroom Gimnasium 21-0 en HTS Middelburg 19-2.
In die semi-finaal klop hulle Glenwood van Durban met 5-1, voordat hulle in die finaal afreken met St. Sithians met 5-1.
Die spanlede was: Japie de Klerk (1), Ben Reynecke (2), MC Visser (3), Adriaan du Toit (4), Marco Bensley (5), Francois Rossouw (6) en Adolf Lategan (7).

Wenners!
Agter: Ben Reynecke, Mnr. André Cruywagen (spanbestuurder), Adriaan du Toit en MC Visser.
Voor: Adolf Lategan, Marco Bensley, Japie de Klerk (kaptein) en Francois Rossouw.
Stellies sit hiermee 'n trotste rekord voort: HSS was die afgelope vier jaar in die finaal by hierdie toernooi en het dit ook in 2008 gewen!
Veels geluk met 'n nogmaals uitmuntende vertoning!
|
|
HSS se tennis dogters seëvier in Bloemfontein! |
2010-05-13 |
|
HSS se eerste dogters tennisspan het die afgelope naweek puik gevaar deur die Amanda Coetzer tennistoernooi te wen teen van die top tennisskole in die land!
Die toernooi het vanaf 5 - 8 Mei in Bloemfontein plaasgevind.
Die Stellies span het bestaan uit Madrie le Roux, Adri Lochner, Lani Scholtz, Kerstin Gressman, Elaine van Zyl, Janet Koch en Amy Olivier. Die spelers het altesaam 39 wedstryde gespeel, waarvan hul slegs 1 verloor het!
Stellenbosch het in die finaal teen Claredon gespeel en het baie oortuigend met 5 - 1 gewen.

Wenners!
Agter: Amy Olivier, Lani Scholtz, Adri Lochner, Anché Nortje (afrigter van Kainos Tennisakademie), Elaine van Zyl en Me. Rinette Victor (spanbestuurder). Voor: Kerstin Gressman, Madrie le Roux en Janet Koch.
Die finale uitslag van die toernooi was soos volg:
- Hoërskool Stellenbosch
- Claredon
- Oranje
- Waterkloof
- Bloemhof
- Menlopark
- Affies
- Paarl Gim
Ons is voorwaar baie trots op die dogters se uitstaande prestasie!
|
|
Christia Visser presteer in Stad Kaapstad Toneelkompetisie! |
2010-05-11 |
Hoërskool Stellenbosch het vanjaar die geleentheid gekry om deel te neem aan die Stad Kaapstad Toneelkompetisie aangebied by Hoërskool Bellville op 22 Maart 2010.
Hierdie kompetisie nooi skole uit om slegs 'n paar leerders in te skryf om meë te ding vir die beste toneelspeler op skoolvlak.
Rondte 1 vereis dat die leerders beide 'n gedig en prosateks solo moet voordra. Hierná kry elkeen dan ook 'n onvoorbereide improvisasie om op te voer.
Bykans 400 skoolleerders van regoor die Wes-Kaap het aan vanjaar se kompetisie deelgeneem en slegs 69 kandidate is gekeur om na die volgende rondte deur te dring.
Christia het gevorder na rondte 2 waar 30 leerders betrokke was en waar sy weer eens geslaag het en tot rondte 3 bevorder is, waar slegs 16 leerders deelgeneem het.
Hierdie is werklik 'n besonderse prestasie vir Christia en Hoërskool Stellenbosch. Die geleentheid om op die verhoog van die Kunstekaap hul skool se naam hoog te hou, was slegs beskore vir 'n paar leerders in ons land. Christia was die enigste leerder wat die Stellensbosch-omgewing verteenwoordig het tot en met rondte 3.
Ons sê baie geluk vir Christia, nie net vir haar prestasie in Drama nie, maar ook vir haar uiters professionele gedrag en optrede rondom beoordelaars, mede-deelnemers en onderwysers van ander deelnemende skole! |
|
Ryan Carollisen beïndruk met Ubuntu toneelstuk! |
2010-05-10 |
p>Hoërskool Stellenbosch is vanjaar genader om deel te neem aan die eerste Film en Teater-fees aangebied deur die organisasie LivingIt.
Hierdie inisiatief is geneem om skole - en meer spesifiek leerders - betrokke te kry by die konsep van Ubuntu, of anders gestel Eenheid.
Leerders moes nadink oor hierdie konsep, besef wat dit vir hulle beteken en sodoende 'n wêreld verbeel waar ons as mensdom kan saamleef, saamleer en saamgroei tot 'n beter lewe vir almal. Die leerders skep hieruit dan hul eie tekste vir 'n drama waarin 'n verhaal oorvertel word wat hierdie konsep van Ubuntu bevorder en illustreer.
Leerders van hoofsaaklik grade 11 en 12 het vir hierdie projek ingeskryf a.g.v. die gewig en erns van die projek. Stellies se graad 9 leerder, Ryan Carollisen, het egter die beoordeelaars met sy kortfilm Decisions verstom en het deurgedring na die finale rondte vir hierdie kompetisie!
Die finale uitdunne het plaasgevind Sondagaand, 9 Mei 2010, by die Oude Libertas-ouditorium. Ryan het die aand twee sertifikate ontvang vir sy kortfilm. Die eerste een was om sy deelname aan die kompetisie te bevestig en die tweede een het hom aangewys as mees belowende filmmaker van die kompetisie!
Ons wens Ryan baie geluk met sy prestasie en sy puik werk om die konsep van Ubuntu op 'n individualistiese en pragtige wyse uit te beeld op film! |
|
Madrie le Roux haal SA senior tennisspan! |
2010-05-06 |
Hoërskool Stellenbosch is ontsettend trots op Madrie le Roux (15) wat vir die senior Suid-Afrikaanse Fedcup vroue-tennisspan gekies is!
Madrie is die jongste speler nòg wat vir hierdie span gekies is!
Madrie het twee weke gelede in Armenië as lid van die span teen sewe ander lande gespeel, naamlik Georgië, Lichtenstein, Luxemburg, Finland, Armenië, Griekeland en Noorweë.
Die SA-span het vyfde geëindig.
Madrie is saam met die eerste dogterstennisspan van Hoërskool Stellenbosch tans in Bloemfontein, waar hulle as een van die gunstelinge aan die Amanda Coetzer-toernooi deelneem.
Die eerste seunstennisspan neem tans in Pretoria aan die Wayne Ferreira-toernooi deel.
Stellies wens albei spanne alle sterkte en voorspoed toe!
|
|
|