Hoërskool Stellenbosch bied ’n wye verskeidenheid van sport aan. Die skool beskik oor uitstekende sportfasiliteite en het toegang tot skool- sowel as privaatafrigters.

Hoërskool Stellenbosch beskou sport as ’n integrale deel van leerderontwikkeling en streef die volgende na:

  • dat sportleierskap en -bestuur deur waardes gedryf word;
  • dat sport ’n integrale deel van die opvoeding van leerders vorm;
  • dat sport as katalisator dien om die HSS-gemeenskap (‘community’) te bou;
  • dat sport as ’n platform sal dien om lewensvaardighede te leer;
  • dat sport tot leerders en die gemeenskap se lewensvreugde sal bydra; en
  • dat ’n sportkultuur gekweek word wat totale deelname van leerders inspireer en elke individu en span vir hul bydrae eer.


Hoërskool Stellenbosch bied die volgende aan:

SOMERSPORT

Atletiek
Tennis
Muurbal
Krieket
Swem

WINTERSPORT

Landloop
Skaak
Muurbal
Tennis
Rugby
Netbal
Hokkie
Rasieleiers

Tennis

Die Edge-tennis Akademie rig alle skoolspanne af. Ligawedstryde word Maandae gespeel. Daar is ook ’n sosiale groep wat weekliks oefen.

KONTAKPERSOON:
Antoinette Kruger
antoinette.kruger@stellies.com

Atletiek

Ons is trots om aan te kondig dat Endurocad ‘n beursprogram by Hoërskool Stellenbosch begin het. In 2022 is die eerste 15 atlete in die skool ingeskryf. Ons is opgewonde oor die topgehalte afrigters wat deur hierdie program aan die skool beskikbaar gestel word. Besoek gerus Endurocad se webtuiste vir meer inligting: https://www.endurocad.co.za/

KONTAKPERSOON:
Emiel Nel
Emiel.nel@stellies.com

Krieket

Spanne oefen twee maal per week en krieketwedstryde vind ook in die week plaas.

AFRIGTER OF KONTAKPERSOON:
Van Zyl Jacobs
vanzyl.jacobs@stellies.com

Muurbal

Oefeninge begin in Februarie vind weekliks by die Matie-bane plaas.

AFRIGTER OF KONTAKPERSOON:
Mari van Tonder
Marivtsquash15@gmail.com

Swem

Die swemspan het oor die afgelope twee jaar drasties gegroei en ons beweeg van krag tot krag. Oefengeleenthede vir swemmers wat nie die swemspan gehaal het nie, word ook geskep. Kontak gerus die organiseerder in hierdie verband.

AFRIGTER OF KONTAKPERSOON:
Leané Nel
leane.nel@stellies.com

Skaak

Die skool is aktief betrokke by skaak en het ’n opwindende skaakklub. Wedstryde vind in die week plaas. Soms is skaak egter ook by sportdae op die program. Volg die skakel om meer uit te vind en om aan die skaakklub deel te neem.

AFRIGTER OF KONTAKPERSOON:
Jan Mostert
jan.mostert@stellies.com

Rugby

Hoërskool Stellenbosch speel in die Boland-liga. Spanne oefen twee maal per week en wedstryde vind meestal op Saterdae plaas. Hoërskool Stellenbosch maak van privaatafrigters gebruik om ons spelers tot hulle volle potensiaal te ontwikkel.

AFRIGTER OF KONTAKPERSOON:
Petrus Uys
petrus.uys@stellies.com

Rasieleiers

Hoërskool Stellenbosch spog met ’n uitstekende rasieleierspan. Hulle tree gereeld by groot sportgeleenthede op en presteer uitstekend tydens interskole kompetisies.

AFRIGTER OF KONTAKPERSOON:
Lisa Parrock
lisa.parrock@stellies.com

Hokkie

Hoërskool Stellenbosch beskik oor puik fasiliteite, onder andere ’n astro-baan. Spelers kan uitsien na jaarlikse toere. Die meeste van ons wedstryde vind op Saterdae plaas, maar soms word wedstryde teen toerspanne in die week gespeel.

AFRIGTER OF KONTAKPERSOON:
Wayne Carpenter
wayne.carpenter@stellies.com

Netbal

Hoërskool Stellenbosch vorm deel van die Cape Winelands- Netballiga. Ons afrigters fokus op die ontwikkeling van leerders se liggaamlike en lewensvaardighede. Ons ondersteun, ontwikkel, en lei spelers op om die beste speler op en van die baan af te wees.

AFRIGTER OF KONTAKPERSOON:
Ceska Haf
ceska.haf@stellies.com

WINTERSPORT

● Proewe vir rugby, netbal, en hokkie vind aan die einde van Februarie plaas.
● Ons begin in Maart oefen.
● Leerders wat aktief betrokke is by somersporte skakel later by die wintersport in.