Gaan na die HSS Tuisblad!
  Besoek F1 in skole se SA webwerf! Besoek Zeallous Racing se webwerf!
Hoërskool Stellenbosch :: Jongste nuus / Latest news

Stellies sing Namakwaland aan die brand!

2010-07-14

Stellies se koor het vanaf 9 tot 12 Julie 'n koortoer na Clanwilliam, Vredendal en Springbok onderneem. Die koor het onder luide applous twee formele konserte gehou, asook 'n informele konsertjie by die polisiestasie in Clanwilliam.

Stellies se koor!

Daar was uiteraard 'n oorvloed kos en 'n uitstekende gees het geheers, dus was hierdie toer 'n ware hoogtenoot!






Tiana skitter in UK Wiskunde-olimpiade!

2010-07-14

Tiana du Preez

Hoërskool Stellenbosch is ontsettend trots op Tiana du Preez, 'n graad 11-leerder wat tydens die Universiteit Kaapstad se Wiskunde-olimpiade prysuitdelingsfunksie 'n goue diploma verwerf het!

Ongeveer 8,000 leerders vanoor die hele Wes-Kaap het die olimpiade aangedurf.

Tiana het dus onder die top 10 presteerders geëindig van ál die graad 11-leerders wat deelgeneem het.

Voorwaar 'n puik prestasie!






Skool heropen op 13 Julie 2010

2010-06-12

Stellies se derde kwartaal begin op Dinsdag, 13 Julie 2010, om 07h45.

Die rooster vir Dag 2 sal gevolg word.






Drie Stellies in Boland-hokkiespan!

2010-05-18

Vir die eerste keer in HSS se geskiedenis, het ons drie leerders in die Boland-hokkiespan!

Boland netbal!

Baie geluk aan Michaela Haarhoff, Chanelle van Wyk en Lize van der Merwe wat verlede week opgeneem is in die Boland o/14-hokkiespan.

Die Boland-span sal gedurende die Junie-vakansie aan die SA Kampioenskappe in Stellenbosch deelneem.

Ons is baie trots op hierdie uitmuntende prestasie!






Súlke bekke kort jêm!

2010-05-17

Nege redenaars van Hoërskool Stellenbosch het op 29 April 2010 aan die eerste rondte van die jaarlikse ATKV redenaarskompetisie by Hoërskool Parel Vallei deelgeneem. Die leerders was voorwaar goeie verteenwoordigers vir die skool!

André Dippenaar (senior) en Natalie Theron (junior) is albei deur na die halfeindstryd van die kompetisie. Op Vrydag, 6 Augustus 2010, verteenwoordig hulle Stellies by Hoërskool Monument Park in Kraaifontein waar die tweede rondte van die kompetisie sal plaasvind.

Ons hou styf duim vas vir hierdie twee leerders en weet dat dit uitstekend sal gaan!






Stellies maak skoonskip by Wayne Ferreira tennistoernooi!

2010-05-14

HSS se seuns toernooispan het geskitter deur die Wayne Ferreira tennistoernooi vir skoolspanne op oortuigende wyse te wen!

Die toernooi het gedurende die week van 5 - 9 Mei by Parktown Seunskool in Johannesburg plaasgevind.

Gedurende die uitspeelrondtes klop Stellies vir St. Sithians met 17-3, Potchefstroom Gimnasium 21-0 en HTS Middelburg 19-2.

In die semi-finaal klop hulle Glenwood van Durban met 5-1, voordat hulle in die finaal afreken met St. Sithians met 5-1.

Die spanlede was: Japie de Klerk (1), Ben Reynecke (2), MC Visser (3), Adriaan du Toit (4), Marco Bensley (5), Francois Rossouw (6) en Adolf Lategan (7).

Wenners!
Wenners!
Agter: Ben Reynecke, Mnr. André Cruywagen (spanbestuurder), Adriaan du Toit en MC Visser. Voor: Adolf Lategan, Marco Bensley, Japie de Klerk (kaptein) en Francois Rossouw.

Stellies sit hiermee 'n trotste rekord voort: HSS was die afgelope vier jaar in die finaal by hierdie toernooi en het dit ook in 2008 gewen!

Veels geluk met 'n nogmaals uitmuntende vertoning!






Ouer stories >>

20577 besoeke sedert 19 Junie 2003!